November 2002
Hello almal,
Dit mag dalk 'n tydjie neem vir al die fotos om af te laai
oor die internet , want ons het baie fotos hierdie keer gelaai.
Wel - ons is baie laat met ons nuus so het 'n klonp dinge
om te vertel. Ons was mos op 'n visvang naweek in September. Ons was na Okracoke eiland wat hier teen die kus op die "Outer
Banks" is. Mens moet met 'n ferry na die eiland gaan Ons vriende Daleen en Steven was saam. nou ja - kom ons begin.
Ons het dir Donderdag middag oomtrent 15:00 uit Cary gery
en is dit so ampre 4 ure se ry tot by die Ferry se oorgangspunt.
Ons het toe die aan laat by ons blyplekkie aangekom en die
volgende oggend het die manne hul vistokke en aas gaan koop en is ons direk see toe. Lyne is natgemaak en kon hulle regmaak
vir die grote...
Die klein vissies het toe intussen hul aptyte gewek en het
Steven "die grote hier met trots vertoon.
....en nie lank daarna nie het Johan sy "grote" gevang...
Die Saterdag oggend het die manne 4:00 die oggend see toe
gegaan - ek en Daleen het maar die beddens warm gehou terwyl hul in die reen gaan visvang het. Wel hulle het toe 4 of 5 eetbare
visse gevang (waarvan geen fotos geneem is nie) maar toe hul terug is, is die visse sommer dadelik voorberei deur chef Stevan
Bezuidenhout.
So het ons heerlike vars vis vir ontbyt(miskien eerder brunch)
gehad ...
...en het ons geeet dat net grate oorbly, soos Johan hier
bewys.
Nou ja - toe is dit weer af viswater toe en het die manne
die groteres weer begin uittrek. Die visse wat gevang was is"bluefish, flounder" en ek kan nie meer die ander een onthou nie
- verskoon maar. Met die smaak vars in die monde van die oggend se vis, was dit toe vuur en vlam om weer grotes te vang.
Ons vrouens het geweier om die visse skoon te maak net sodat hul kan besef dat hul self die visse moer skoon maak. Ons het
rustig koffie en eetgoed aangedra vir die mans vir hul "harde werk"
Hier het Johan toe sy eerste eetbare vis van die middag gevang.
En toe trek Steven weg in die aand en vang amper die see leeg.
Nadat Steven Johan verder touwys gemaak het met die "tricks
van die trade" het Johan ook toe nog 'n paar uitgetrek.
Die Sondag het die son tevoorskyn gekom vir die eerste keer,
alhoewel dit die hele naweek heerlik warm was. Ons kon toe so bietjie lyf natmaak en het Johan my afgeneem - ek mos nie swem
nie, so het ek maar versigtig ingegaan.
En toe gebruik ons 'n pragtige sonsondergang om vir Steven
en Daleen af te neem. Regte verliefde paartjie.
...en my man verswelg in sy eie gedagtes terwyl die stok se
punt met alle erns dopgehou word.
Nou ja - na 'n totaal van amper sewentien visse wat gevang
is, is ons die Maandag weer terug "mainland" toe om die res van die week by die werk(vir die mans) te gaan klaar maak.
So het ons toe vir 'n "groep foto" gevra vir een van die mense
op die "ferry" en was ons goed poot-uit toe ons terug ry Raleigh toe.
En dit was die visvang naweek gewwes en het ons dit baie geniet
al het dit so baie gereen.
Johan moes toe weer einde September en Oktober Europa toe
vir sy gewone besoeke aan Parys, Londen, Milan, Amsterdam , en natuurlik Munich - terwyl dit Oktoberfees daar was. Hy
was toe daar en het 'n paar fotos geneem.
Baie ritte vir mense om op te ry, terwyl van ditte oor die
100 jaar oud is, soos die een hieronder. Daar was 'n lewendige orkes wat aan die kant van die rondomtalie musiek verskaf terwyl
die rit aan is. Hulle sit in die seil hokkie aan die regterkant van die foto hieronder. Kan jy glo - sommer 'n "life show"
terwyl jy op 'n rit gaan, maar nou ja - dit is hoe hul dit gedoen het 100 jaar terug.
Toe gaan hul kyk na die biertente en is daar klo,p verskillende
tente. hier is een...
Elke tent verskaf natuurlik hul bier (want alleen bierbrouers
van die Munchen area mag tente he by die Oktoberfees.) En dan word musiek verskaf terwyl die heerlikste kosse bedien word
- ook vrek duur soos dit vir my klink.
Die biere word natuurlik nie in botteltjies gegee nie - dit
word in konkas gegee. En het Johan 'n schwein haksel bestel. Johan dog toe dit is eisbein, maar Werner, die Duitser(van Bavaria)
wat saam met hom was se toe dat eisbein in die noorder gedeeltes van Duitsland bedien word en 'n gekookte varkskenkel is,
maar in Bavaria (suide) word dit gebraai en smaak natuurlik baie beter as die noorde se eisbein.(volgens hom) Nou toe eet
hil die scwein haksel, saam met 'n pretsel.
Die vrou van Bavaria wat in die agtergrond is. Natuurlik het
dit die heel tyd saggies gereen.
Hier is 'n paar bierbrouers se kentekens wat wys watter tent
jy besoek.
Munich Oktoberfees van die lug af (geneem uit die merry-go-round.)Die
groot sale aan die linkerkant van die foto hieronder is die biertente.
Die klomp Duitsers en een Pool(wat saam met Johan werk) het
toe almal op hierdie rit fgegaan wat 68 jaar oud is en was dit blykbaar 'n treat gewees.
Onder is nog 'n tent wat hul besoek het. Almal op die tafels
en dit sing net "ein prozen" elke vyf minute. Johan se die mense strompel goed warm uit die tente en is dit 'n wonder dat
daar nie meer mense verdrink in plassies water nie(as hul "uit-pass") Maar oor die algemeen het hy nie een bakleiery gesien
nie en is almal baie feestelik.
Hy toe oor die naweek ook deur gery Salzburg toe in Oostenryk
wat net so 'n uur se ry is van die hotel waar hy gebly het.
Onder is 'n dam tussen die berge.
Toe is hy op om met 'n kabelkar op te gaan om sneeu te gaan
kyk. Onder het hul ook valskerm gespring en is een ou net besig om te land.
Die kabelkarretjie is net groot genoeg vir twee persone.
Uitsig na onder...
...en toe begin die sneeu ...
...'n stewige helling...
...en daar ssien hy sy sneeu, natuurlik moes hy toe ertjiesop,
brood en 'n wors eet om hom op te warm. Ook maar goed dat hy alleen in 'n kabelkarretjie was toe hy afgegaan het - ek sou
definitief nie saam met hom in daai karretjie wou gewees het na die sop nie...
Met die foto hieronder verwag mens dat Heidi hier van die
kant af gehardloop kom...
Toe is hy na die Koningsee toe waar die water pragtig skoon
is. Ook geen bote met petrol enjins word toegelaat op die meer nie - alleen elektries. Die water is so skoon dat mens dit
met gemak kan drink.
Die toeristebote is ook alles elektries. Alleen die eende
word toegelaat om te poef in die water.
Toe is Johan deur Salzburg toeen het hy 'n paar fotos geneem
so in die verbyry.
Nou ja - dit was dit vir hierdie keer - groete en liefde vir
almal en ons verlang na almal van julle.
24 Augustus 2002
"...en so stap die tyd aan soos 'n standhoudende rivier wat
rustig verby vloei as mens op die rivierbank staan..." gedigtig he?!?! Laat ek myself nou nie aan die Eugene Marais
se kant probeer hou nie - liewer terug na Johan & Annecke Marais se kant. Wat van ... " so stap die tyd geduldig
aan soos Johan wat met die grassnyer die lyne op en dan weer af gaan van voor tot agter en links na regs..." en so gepraat
van gras sny...
Vriende van ons, Steven en Daleen het so paar weke terug kom
kuier en was die gras so lank dat Johan nie anders kon as om die gras te sny terwyl hulle hier was nie. Wel, so vol initiatief
soos my ou mannetjie kan wees, probeer hy mos almal betrek , veral as dit by werk kom, nie waar nie?!
Hy het 'n "cable-tie" aan die grassnyer se petrol gebind,
terwyl Steven aan die een kant staan en Johan aan die ander kant en so laat hul die grassnyer grasieus (spelling??) soos vernuftige
kegelbal spelers die grasperk laat af loop op sy eie, terwyl die ander een (Steven hieronder) geduldig die grassnyer afwag...
...dan word die snyer vernuftig omgedraai en die regte lyn
vir die grassnyer word weer in breekdeel van sekondes bepaal ...
...om weer grasieus die snyer op sy weg te baan terug na die
ander een, met die nodige preek van "links, meer links - bly op koers, jou grassnyer se wheel alignment is uit - kyk hoe skeef
trek hy - nee, man jy kan nie die gras lees nie", en so gaan hul aan...
...tot die snyer weer aan Johan se kant aankom en dieselfde
proses weer van vooraf begin.
So sit ek en Daleen en bewonder ons mans se vernuf met die
grassnyer en dink as hul maar hul initiatief meer wil inspan om met 'n goeie idee op te kom om ons na Vegas of New York te
neem, sal dit dan nou nie intilligent wees nie??
Wel, soos jul kan agterkom het daar nie juis veel die afgelope
maand gebeur nie en my man het ook nie weer gereis nie, alhoewel hy more(Sondag18 Augustus) weer Los Angeles toe gaan vir
amper 5 dae, kan ek darem nie te veel kla nie.
Ons het ook fotos van Johan se niggie, Lientjie gekry wat
hul geneem het toe ons Maart in Suid Afrika was. Tannie Helena was so vriendelik om ons te neem om vinnig vir hul te gaan
hello se en vir die eerste keer hul pragtige seuntjie te sien en natuurlik vas te hou en lekker te knuffel(soos die Hollanders
se). Hul het ook 'n mooi foto gestuur van Iwhan, en hulself by die see. Is Iwhan nie pragtig nie. Lientjie en Dirkie is ook
weer swanger en ons glo, bid en vertrrou alles sal goed gaan met die swangerskap.
In die Transvaal by Lientie en Dirkie
Die Van der Merwes "byriesie" en Iwhan lekker deur die blare...
Stuur asb fotos van julle sodat ons dit onder ons "Vriende en familie" blad kan plaas(Click op Vriende en familie)
Ons gaan volgende naweek(Einde Augustus) na Okracoke eiland
(Johan se hul kon maar die eiland Brandewynencoke genoem het) toe om bietjie te gaan visvang. Meer daaroor voldende keer.
Ek en Daleen het nou die dag Ouma beskuit hier in 'n winkel
gesien, en alhoewel die verval datum tussen einde 2001 en vroeg 2002 was, het ons net gekyk of die beskuit miet het, en toe
maak ons die rakke skoon vir $2 per doos. Dit was natuurlik nadat Daleen onderhandel het om die prys vanaf $5 af te kry as
gevolg van die verval datums. Ons het al 'n paar dose kaf gedraf en hou die laaste twee dose vir die visvang naweek
op Bradewynencoke... skuus Ocracoke eiland.

Dan op 'n hartseer noot wil ons afsluit om met almal te deel
dat ons vriendin Ineke Overgoor (vir wie ons 'n maand en 'n half terug voorbidding gevra het - kyk onder "Ou Nuus") oorlede is in Julie. Ons voel baie bevoorreg dat ons haar kon geken het en soveel kon geleer het van haar en haar
man, Kees (wat twee jaar terug oorlede is). Ons is ook dankbaar dat sy nie verder hoef te gelei het nie, want haar laaste
tyd op aarde was maar baie pynlik. Ons weet sy is in ons Vader se huis en is dit waarna sy ook uitgesien het hier op aarde.
Ons sal haar baie mis en altyd terug dink aan die goeie tye wat ons saam kon spandeer het - wat 'n seen.
Links is Ineke en Johan by haar kleinkind, Sameul - die foto is in 2001 geneem toe Johan gaan kuier het, toe hy Holland
toe was vir sy werk.
Dit is dan eers al van ons kant af en volgende keer vertel
ons van die visvang naweek en hoeveel visse die manne gevang het (want dit beplan net vir "cooler boxe" om al die vis terug
te bring) asook meer nuus van New York burgemeester Juliani se toespraak waarna Johan in Los Angeles by hul "Sales" vergadering
(click hier "By die werk") geluister het. Hy het ook fotos geneem en sal dit voldende keer op laai.
Groete en tonne liefde vir almal - tot volgende keer
Die Marais'
1 Julie 2002
Hallo aan almal en welkom weer by ons webtuiste. Ons
besef dat ons maandelikse nuus op hierdie stadium twee maandeliks gebeur, maar Johan wou baie hraag he dat die resies wedren
waarvvan hy laaskeer vertel het bietjie langer opbly as die beplande maand.
Verder is Noord Carolina in 'n droogte tyd, maar gelukkig
het ons ons eerste reen in 'n baie lang tyd hierdie naweek (30 Junie) gekry. Die mense wat hier rond bly se dat dit
die droogtste en warmste somer in dekades is. Met die reen wat geval het het ek en Johan Vrydag laatmiddag bietjie in
die tuin gewerk en in die proses met onkruid uittrek en grassny moes ek iets allergies opgetel het. Van die mense beweer
dat dit "poison ivy" ('n tipe brandnekel ) is, terwyl die apteker se dat dit 'n allergiese reaksie is op wie weet wat.
Hieronder is fotos wat Johan nou net geneem het om te wys
hoe die allergie lyk, maar ons glo en vertrou dat die medikasie wat die apteker gegee het sal help. As ons nog nie verandering
by Dinsdag sien nie sal ek definitief dr. toe gaan.
In hierdie afgelope paar maande het daar nie juis veel gebeur
nie, behalwe vir Johan se rondreise natuurlik. Een van die okkasies was toe Johan se baas vir hulle genooi het om die
dag (nogal 'n werksdag) uit te gaan op sy boot. Hulle is die oggend 7uur hiervandaan na Wilmington waar die boot gemeer
was. Wilmington is ongeveer twee ure se ry en was hulle die hele dag op die boot en het weer die aand net na 7uur by
die huis aangekom. Onder is Johan se baas saam met die res van die groep by sy boot.






Toe was Johan ook weer Europa toe waarvan hy natuurlik weer
al die lande besoek het en nie die kans verby laat gaan om vriende in Holland op te soek nie. Hy was oor 'n naweek in
Nederland en het in Baarn oorgebly en die Saterdagaand saam met Michael en Lisa gekuier terwyl Ma Sharon hard moes gewerk
het. Hy se dit is ongelooflik om te sien hoe Lisa gegroei het en die fotos hieronder kon ek dit duidelik sien. Soos
enige kleinding wou Lisa natuurlik aan alles vat om te ontdek en te leer en op die tweede foto is die reaksie duidelik dat
sy nie ingenome is toe Pa die ontdekkingsonderwerp van die tafel af verwyder nie. Is sy nie te pragtig as sy huil nie!!!!!
En natuurlik 'n minuut daarna sit sy weer ewe kordaat by Pa
nadat alles weer vergete is. Verder het Johan en Michael "spare ribs" bestel en was die terugvoering "vinger-lek-lekker".
Die Sondagoggend het Johan deurgery na Enschede toe
('n Paar kilometer van Duitsland grens) en het hy by tannie Dawn, Gerald en Monica gekuier. Ek was natuurlik groen van
jaloesie om nie saam met hul te kon kuier nie, maar nou ja iemand moet seker die pot aan die kook hou hier by die huis....
ha ha!!!!
Soos die foto hieronder wys het tannie Dawn uitgehaal en "uitgehang"
met al die kosse wat voorberei is. Johan se terugvoering va n hierdie ete was "tot elmboog af lek lekker was" En asof
al die heerlike vleise, groentes en gebraaide aartappels en souse nie genoeg was nie het tannie Dawn Johan bederf met sagopoeding.
En soos gewoonlik het my man hom natuurlik ooreet.
So het t. Dawn, Gerald, Monica en Johan die ete afgesluit
en was oorlede oom Gerhardt in ons almal se gedagtes. Dan natuurlik het t. Dawn vir al die ander vriende
gebel om 'n koffie te kom drink met nog meer tertjies, koekies en sjokolade. Johan het dit so waardeer om almal weer
te kan sien en kon ek hoor toe ek vir hulle gebel het dat dit sommer land en sand gesels daar aan die anderkant. Ek
was toe al sommer pers van jaloesie om nie saam met hulle te kon kuier nie, maar Johan het my baie beter laat voel om te se
dat hulle my baie gemis het daar. Hieronder het almal vir 'n groepsfoto "gepose" .
By die foto hierbo sit t. Dawn links onder met Gerald langs
haar en Monica lekker op sy skoot. In die middel sit Lukie (verskoon die spelling as dit verkeerd is) met links van
hom Marinda, Johan en Remko regs agter. Natuurlik is die fotograaf nie in die groepsoto nie en het Johan vir Grieta
met kamera en al betrap.
So het die klomp die Sondagmiddag deurgebring en tog te heerlik
gekuier, waarna Johan weer vir almal gegroet het en toe moes fort na die lughawe om Spanje, Italie, Frankryk en Duitsland
toe te gaan.
... en afgesien daarvan dat my man soms dinge tot op die laatste
minuut laat, het dit hom amper gevang toe die opslaanbrug op die nasionale pad oopgemaak is vir die bote om op die kanale
deur te vaar. Ten minste het hy darem gedink aan die webtuiste en 'n fototjie geneem van die "file" (traffic jam) wat
dit op die A1(hoofpad) veroorsaak het. Mens het maar "files" orals , maak nie saak in watter land jy is nie.
Daarna is Johan fort Spanje toe en toe Frankryk toe waar hy
twee nagte oorgebly het. Hier het hy ook 'n paar mooi fotos geneem van die stad en alhoewel dit baie laat donker word
in Europa kon hy nog steeds 'n paar mooi fotos van Parys neem. Dit bly vir ons van die mooiste Europese stede.
Hierdie is die opera huis in Parys(bo) Onder is fotos
wat by die Louvre geneem is, asook by Concorde plein in die verskillende rigtings(Arc de Triomphe) ingesluit.
Die Seine rivier met die Eiffel toring (bo). Concorde
Plein fonteine (onder)
Arc de Triomphe (onder)
Onder is 'n paar aand fotos wat hy geneem het wat nogal mooi
uitgekom het. Ons hoop dit wys goed oor die web.
Nadat Johan in Frankryk was is hy deur Italie toe en weer
daarvandaan Duitsland toe. Een van sy kollegas het hom uitgeneem vir geroosterde eend vir aandete en hieronder sit Johan
en Werner reg om hul eend se vlerke finaal te knip. Opregte karnivore...
Einfahrt is 'n dorpie naby die Duitse kant van die alpe, ongeveer
'n uur en 20 minute vanaf Munchen, waar die eende skaamteloos in die openbaar verorber is.
Oppad terug na die hotel het hul eers gestop om die uitsig
oor die Bavaria distrik te geniet en is hulle daarna na die dorpie Bad-Eibling waar hulle roomys eers geniet het voordat hy
terug hotel toe is. Nou verstaan ek hoekom Johan ten minste twee kilogram optel op elke reis en dan moet ek aan hierdie
kant sukkel om hom weer in sy klere te laat pas. Swaar werk, maar iemand moet dit doen!!!!



Bo is die roomys plek waar hulle, hulle poeding(roomys) na
die eend geniet het. Die volgende oggend het Johan weer teruggevlieg en die Vrydag middag kon ek hom gaan optel het
by die lughawe. Ons is toe dieselfde aand see toe om die langnaweek(Memorial naweek) te gaan geniet by die see. Ons
het heerlik gekuier by die see en het ongelukkig geen fotos geneem nie, want die kamera was by die huis vergeet. Ons
gaan hierdie komende naweek, 4 Julie, wat ook 'n langnaweek is, ook see toe. Die plek se naam is St. James Plantation
en het ons 'n spesiale aanbod gebruik om vir drie dae by die see te kan bly vir slegs $99.00 - hierdie keer sal ons nie ons
kamera vergeet nie en sal ons volgende maand vir julle meer van die 4de Julie se naweek vertel en wys.

Gisteraand het Daleen en Steven en hul dogter van S.A. by
ons kom braai. Johan en Steven het eers 'n potjie gholf in hierdie snik hete gespeel en het almal deurgekom vir
die braai met heerlike boerewors(made in USA). Bly maar lekker om te braai en te kuier. Johan was natuurlik baie
bly, want ons het die Suid-Afrikaanse Braaisout(in die oranje houer) gekry wat Adelle(Daleen se dogter) saam gebring het,
so nou moet ek net keer of Johan wil die roomys ook braai.
Ons wil graag almal se voorbidding vra vir Innike Overgoor,
'n baie goeie vriendin van ons uit Baarn, Nederland. Innike is in die hospitaal met gordelroos. Sy het klierkanker
en toe moes sy anti-biotika kry vir 'n infeksie en het was sy allergies vir die spesifieke anti-biotika.
Sy het gordelroos, of so iets gelyks, gekry. Te laat
begin dokter daaraan, want nou het dit binne toe geslaan en het sy niks meer velle op haar liggaam nie. Haar oe
is ook aangetas en kan sy byna niks meer sien nie. Die dokters se dat haar sig miskien nooit weer sal terugkom nie en
as sy gesond word sal sy nooit weer dieselfde wees nie. Sy kan ook nie eet nie, want haar keel is rou en maak hulle
die kos vir haar fyn, maar nog steeds verloor sy gewelding gewig. Sy weeg nou 'n skrale 50kg.
Dit is nou eers al vir hierdie maand en ons gesels weer oor
'n maand. Laat gerus 'n boodskap .
Liefde groetjies
Die Marais'
1 Mei 2002
Nou ja hier is dit 'n maand later!!!!! Ons is alweer
'n maand gelede in ons pragtige land gewees en ek kan dit seker nie meer langer uitstel om die webtuiste op datum te bring
nie. Dit voel net vir my dat hoe langer ek neem om dit te doen, voel dit asof ons nog kuier in S.A., maar nou
ja die werklikheid het ingetree en hier sit ek nou en begin oor ons vakansie te skryf.

Ons het die 2de Maart(Saterdagoggend) vanaf Raleigh-Durham
Lughawe gevlieg na Atlanta. Die Vrydagaand moes Johan nog 'n klomp goed van die werk afgehandel kry en het ek
gedink dat ons nooit in die bed gaan kom nie. Ons is eers na eenuur die oggend bed toe en die volgende oggend baie vroeg
wakker, want die taxi het ons om 6:45vm gekry. Die hele Vrydag was ek so opgewonde, want dit is toe mos inpak en al
die dinge so die nag kon ek in elk geval ook nie goed slaap nie. Wel so is ons toe die oggend weg lughawe en toe daar
ontbyt op die lughawe gehad en deur na Atlanta. Vanaf Atlanta het ons deur gevlieg na New York en daarvandaan kaap toe.
Die vlugte was baie lekker en natuurlik het ons geen vertragings gehad nie wat natuurlik baie lekker was.



Ek het gedink dat ek baie op die vliegtuig gaan lees,
maar as ek nie fliek gekyk het nie dan het ek geslaap. Wel, die aand van die 3de by die lughawe aangekom. Johan
se nogal vir my, " sal dit nie lekker wees as Piet-hulle vir ons op die lughawe kry nie!", ek se toe nee man, want hulle weet
mos dat ons 'n kar gaan huur so ek dink nie dat hulle daar sal wees nie. Raai wat?????? Toe ons inkom
toe staan hulle daar. Dit was so lekker om hulle weer te sien en natuurlik is dit 'n geraas, soos net die Marais' kan
raas. Eers toe gaan koffie drink en toe het die twee broers 'n kar gaan huur en is ons weg na Piet-hul se huis. Daar
het ons natuurlik verder gesels en tot wie weet watter tyd van die nag, of moet ek se die oggend, lekker man !!!!!
Die volgende dag natuurlik wou Annecke net Tygervallei toe
en het ons so gemaak. Die hele oggend in Tygervallei rondgeloop en toe later die middag vir Karin(vriendin van ons)
ontmoet vir middagete.
Dit was so lekker en natuurlik weer 'n hond uit 'n
bos gesels.
Maandagaand natuurlik gebraai en soos julle kan sien is Johan
en Piet weer goed besig om die vlamme te laat kook en die twee met hulle wyn glase - GESELLIG!!!!! Kyk hoe wit is Johan
nog teen Piet. Die vleis was heerlik en Lorna het my bederf met skorsies, want ek het omtrent 5jaar laas skorsies gehad,
en die lekkerste ander groente ook. Kan julle glo 'n mens eet skorsies by braaivleis!!!!
Johan het ook een van sy ou vriende, Ernst Viljoen opgesoek
wat altyd op Uilenkraalsmond gekamp het.
Johan se vriend Ernst met sy seuntjie en vrou en die tannie
aan sy regterkant is sy Ma
Dinsdagoggend vroeg het ons na Ma geskiet by Pearly Beach.
Ai, dit was lekker om weer daardie pad te ry en hoe nader ons aan Pearly Beach gekom het hoe opgewonder het ons geword.
Seker die oggend so 10uur by Ma aangekom en toe was dit natuurlik groet en gesels en koffie drink en Ma het die heerlikste
sjokoladekoek gebak - Johan natuurlik vroeg more moes hy koek he. Ek dink toe ons die volgende middag daar wegrywas
die hele koek opgeeet. Die middag het ons gebraai en natuurlik, raai wat, Ma het vir my 'n hele pot skorsies gekook.
Weereens eet ons toe braaivleis en skorsies, maar mense was dit nou lekker.



Oom Dirk en tannie Alta het saam gebraai, of moet ek
se ons het by hulle gebraai. Dit was lekker en natuurlik moes ek toe saam met oom Dirk, vir die eerste keer in my lewe,
'n lekker brandewyntjie drink. Oom Dirk dit was lekker!!!! Ek dink ek het op die ou end twee of was dit drie gedrink,
ek kan nie meer onthou nie, want ek verbeel my oom Dirk het my later met hoenderpitte op my kop gegooi, of was dit ook my
verbeelding? Die aand het ek, Johan en Ma na Willie Kotze en sy vrou gegaan, 'n vriend van Johan op Gansbaai, en het
ons daar lekker gekuier. Toe later die aand gaan uiteet en natuurlik vis gaan eet en was dit uit die boeke. Ma
het ons geneem na 'n restaurant in Gansbaai, Ciro's, of so iets, maar mense dit was heerlik. Toe huistoe en eers koffie
gaan drink en toe gaan slaap. Die volgende dag opgestaan heerlik langs die strand gaan loop...
...en toe natuurlik klaar gemaak om weer twee uur in
die Strand te wees, want ons het 'n afspraak met iemand gehad oor aanneming.
Wel ons het toe twee uur betyds by die vrou aangekom en toe
het ons "onderhoud" begin. Dit was verskriklik interessant, maar ook baie uitputtend. Al die vrae wat sy vra en
ons vrae en besluite - maar hoe meer ons gehoor het hoe meer het ons opgewonder geraak. Na 6ure was dit alles klaar
en was ons goedgekeur vir

die aanneming. Ons het toe ook gehoor dat wanneer ons
hoor dat ons 'n baba gaan kry moet ons S.A. toe gaan en moet ons dan vir twee maande in S.A. bly. Die rede is omdat
die biologiese moeder 2maande het om haar aanneming weer terug te trek. Wel, ons het daaroor gebid nog voordat ons na
haar gegaan het vir die afspraak so ons het dit so aanvaar en wat moet gebeur sal gebeur. Ons het ook nou intussen aan
hierdie kant gehoor dat ons eers moet aansoek doen vir ons "green card" voordat ons kan aanneem. Dit sal ook te moeilik
wees om vir twee maande in S.A. te wees terwyl die proses nog aan die gang is vir die "green card", omdat ons dan nie uit
die land mag gaan nie. So ons gaan nou maar eers aansoek doen en dan seker oor 'n jaar of 6maande, hulle kan nie vir
ons presies se nie, sal ons dan weer aangaan met die aannemingsproses.

Wel die volgende dag het ons weer vir Dries (vriend van Johan)
en sy vrou, Leana, in Tygervallei gekry vir middagete en toe na die tyd saam met hulle na tannie Babsie(Dries se vrou
se ouers) gegaan. Daar lekker gesels en natuurlik tuisgemaakte beskuit by tannie Babsie geeet. Ek kan nie help
nie, maar ek is nou alweer so hartseer, ek sal hierdie webtuiste seker nooit op datum kry nie.

Die Vrydagoggend saam met Karin weer ontbyt gaan eet en toe
vir my oom-hulle in Bellville gaan hallo se. By hulle gekuier tot die middag seker na 4uur en toe weer na Piet-hulle.
Met oom Jan het dit op daardie stadium nie so goed gegaan nie, want sy been is afgesit, want die oom het suiker, maar
gelukkig nou gaan dit beter. Met Malan gaan dit ook goed, my Ma se ander broer, ons het hulle geselsies werklik geniet.
Toe ons by Piet-hulle aankom was hy al by die huis en toe moes ons net vinnig spring, want toe gaan ons Tafelberg
toe. Mense ek wens almal kon daarbo gewees het, nie wind nie, niks koud nie, dit was die lieflikste aand wat ons seker
op daardie Tafelberg kon spandeer het.





Ons het geloop en geklim, vra vir Lorna, ons was al
gatvol van klim, maar dit was die moeite werd, asemrowend!!!!! Natuurlik moes ons vir die sonsondergang wag en net daarna
het ons klomp gaan eet by een van die restaurante op die berg. Mens kon nie ophou kyk na die skoonheid daarbo nie en
wou nie he dat die aand moes omgaan nie.
Na ons ete en nadat ons vrouens toilet toe gegaan het,
maar dit is nie al nie, want toe wou Yvette nie wieps nie, want die toilet sit op 'n hoe verhoog, dit lyk asof ons op 'n troon
moet gaan sit, en Yvette het die besigheid nie vertrou nie. Wel, na die hele gedoe het ons afgegaan en toe vir 'n lekker
roomys!!
Saterdagoggend vroeg op en toe eers ontbyt gaan eet en toe
Ratanga Junction toe. Daar het die klomp hulle gate uit geniet.
Die aand gaan uiteet in Durbanville by Saddles en natuurlik
was dit 'n wenner. Sondagoggend Kerk toe en daar het ek natuurlik weer snot en trane gehuil, want dit was vir my net
te veel om weer met ons familie en ander Suid-Afrikaners saam die Here te aanbid. Gelukkig het ek ver vanaf Lorna gesit,
want anders was dit nou regtig moeilikheid soos ek sou gehuil het.
Toe na Kerk Canal Walk toe, want die klomp wou gaan ysskaats.
Johan het maar haak-haak begin, maar toe nie eers geval nie.
Natuurlik dit geniet en toe die aand sesuur gaan eet
by die lieflikste restaurant - Quarter-deck, met die heerlikste tipiese Kaapse disse en geregte. Ek het natuurlik my
weer ooreet, maar dit was die moeite werd. Mind you - ons almal het...
Ook die heerlikste warm poeding met vla geeet, aag nee, ek
kan nie meer skryf nie, want nou lek my oe nie net nie, maar my mond kwyl nou ook!!!!
Toe die Dinsdagoggend vroeg na Cobus-hul gevlieg. Daar
het hulle ons ingewag by die lughawe en natuurlik weereens gegroet en hartseer, soos gewoonlik - ai, darem lekker om mens
se familie weer te sien na so 'm lang tyd. Natuurlik weer koffie gedrink en toe huis toe.
Coeleen-hulle bly nou in 'n pragtige huis op die oord en is
dit so lekker ruim. Koffie gedrink en geeet en net lekker gesels. Die middag Lelanie by die skool gaan haal en
natuurlik die aand het Coeleen vir ons heerlik kos gemaak. My skoonsusters het ons verskriklik bederf, was dit nou nie
lekker nie!!!!!
Die volgende dag na die Pavillion gegaan (winkel-sentrum naby
Durban) en daar rond geloop en skoene natuurlik gekoop en ook mini gholf gespeel. So gelag natuurlik dat my maag so
seer was en toe 'n lekker Wimpy burger geeet. Die aand weer gebraai en natuurlik was die vleis heerlik.
Cobus-hul het ons toe na 'n voelpark naby Durban geneem met
die pragtigste voels wat mens amper aan kan vat. Daar was ook 'n "show" waar voels soos uile, "hornbull", blou kraan
voel, tot aasvoel deel van was - dit was wragtag pragtag. Al ooit so naby 'n Knysna Loerie gekom???
Ons by die voelpark - Johan, Cobus,Coeleen, Lelanie, Annecke
en Lize(Lelanie se vriendin) Ons het toe verder in die park rondgeloop en daarna toe deur Durban hawe toe waar ons by die
uitkykpunt oor Durban uitgekyk het - pragtig, met Lelanie en Lize wat agterop Cobus se bakkie is - Coeleen en ek het rustig
in die bakkie gesit.



Verder het hul ons na 'n nuwe winkelsentrum geneem (noord
van Durban) waar ons heerlik rond geloop het en toe gaan ten-pin-bowling speel, waar ons toe net daar en dan 'n liefde vir
ten-pin-bowling ontwikkel het. Johan het oor die lyn getrap en soos 'n os neergeslaan nadat hy gegly het op die ge-oliede
baan. Darem niks gebreek nie en het hy baie braaf probeer lyk om nie sy pyn te wys nie - sies-tog!! Daarna het die twee
broers gaan go-karts ry en was dit nou iets om te aanskou om die twee, wat skaars in die sitplekke kan inpas, met helmets
en al, om die baan te sien jaag - teen 'n vinnige spoed moet ek se. Maar wag, Johan se hy wil hierdie stukkie self tik om
aan te kondig wie gewen het...
(Johan)
... en die wenner van die go-karts resies was...
...die vlugtige...
...spoedige...
...vernuftige...
...meester van die baan...
Johan Marais !!!! - let wel die jonger
broer
aplous, aplous, aplous, aplous
(weer Annecke)
...ja, ja - sal ook nooit groot raak nie. Daarna het
ons almal weer by die Spur gaan eet. (Johan het dit nodig gehad, want hy het skoon gebewe van uitputting na die resies - lekker
onfiks). Toe eet hy weer Spur se witsous laat die sop spat, maar hy moes dit maar geniet - ons kry dit nie hier nie.
Verder het hul in die see geswem en het Johan dit baie geniet.
My swem vernuf laat dit nie toe om in die see te swem nie - ek hoor in elk geval dat Durban haai wereld is, so daar het ek
'n goeie verskoning - ha, ha.
Na 'n heerlike tyd by Coeleen-hul is ons toe die oggend
van die 18de oppad na ons treinrit. Natuurlik soos altyd was ek en Johan die laastes wat daar aangekom het. Ons
het sap gekry voordat ons by die trein in is en het hulle ons eers al die dinge verduidelik hoe die drie dae gaan verloop.
Eers in ons kompartement het my asem byna weg geslaan.
Dit was asemrowend - minibar, kluis en al. Die
bed en die badkamer veral was pragtig. Hulle diens is uitstekend. Elke keer wanneer ons uitgaan en ons kom terug
dan was hulle daar om die kamer op te ruim en glad ons klere terug in die kas gehang. Sjokolades op die kussing, vars blommetjies
op die tafel - hotel se moses. Die middag om 4uur het hulle ons uitgeneem vir 'n wildrit op Hluhluwe - Noord Natal. Dit
was ongelooflik mooi en het ons taamlik diere gesien. Daar het ek nogal skrikkerig geraak, want die renoster was byna
tot teenaan ons bakkie.
Ek was so bang dat iemand hom gaan kwaad maak, maar
gelukkig het alles goed verloop. Die aand terug op die trein het ons 'n formele ete gehad. Natuurlik ook weereens
uit die boeke - 6 gang maal en na die ete het ons 'n drankie in die sitkamer agter in die trein gaan drink.
Ons almal na die ete, Johan, ek, Nederlandse vrou, Nederlandse
man en sy vrou en die ander vrou se man en die twee hier voor is die twee vanaf Switzerland.
(Johan) - en kyk net hoe seksie lyk my vroutjie in haar Chinese
rok.... een van die voordele as ek die web moet laai is dat ek so 'n paar fotos ekstra kan inbring...
Volgende oggend om 5uur wakker gemaak vir 'n drie uur rit
in die bos in die Nkhaya wild reservaat in Swaziland. Dit was net so lekker en het ons ook lank agter olifante aan gery
om hulle te soek.
Die Amerikaners wat saam met ons op die bakkie was wou
met alle mag olifante sien. Na die drie ure het ons gestop by 'n lapa en heerlik verversings gekry. Dit was heerlik
- ons kan nou nog nie ophou praat daaroor nie.
Daarna is ons verder na Komatipoort op die Mosambiekse grens
en het ons by Malelane hek weer op 'n wildrit gegaan vir amper 3 uur. Ook leeus en olifante gesien - onder le die wyfie leeu
op haar sy.
Die trein is toe verder die aand tot by Waterval-onder, nadat
ons 'n heerlike Boma ete by die Malelane hek geniet het. Die oggend 7-uur het ons toe met die pragtige roete vanaf waterfval-onder
na Pretoria vertrek.
Ons het net na 7:00 in die eetwa gaan sit en ontbyt geniet
terwyl ons deur die ruit na die pragtige waterval an valleie gekyk het.
Daarna verder na Belfast en toe al die pad deur na Pretoria
met pragtige Kosmosse op die velde en moes ek eers bietjie son vang soos 'n dassie, veral na die vroeg opstaan.n
Ongeveer 'n uur voor Pretoria het ons gestop en het hul die
elektriese eenheid afgehaak en het ons gewag vir die stoom trein om aangehak te word.
Met groot verwagting het al 24 passasiers na middagete op
die peron gewag vir die stoomtrein. En was dit nou nie 'n pragtige gesig nie. Almal het fotos geneem en opgeklim om die kole
af te neem ...
... en toe is ons voort na Pretoria se Capital Park stasie
wat ons eindbestemming was.
Ons laaste dag op die trein net voordat ons ingaan by Pretoria.
Op Capital Park het oom Frikke, Ma en Helet ons kom haal. Was dit nou lekker om hulle te sien en toe eers by tannie
Helie-hul gaan koffie drink en koeksisters geeet. Toe is ons deur na tannie Helena in Johannesburg. Die aand het
ons so lekker geeet, want sy het lekker kerrie gehad en was dit nou lekker. Vroeg die aand val ons twee Marais' se oe
toe van die vaak en heerlik geslaap en die volgende oggend die heerlikste brunch weer gehad. Ma en oom Lourens het gaan
rondloop in die winkels en ons drie het by die huis gebly en gele in die koelte en gesels en weereens koeksisters geeet. Later
die middag het Lenard, Zonnika en klein Sean-hul daar aangekom en het ons die aand gebraai en heerlik geeet.
Dit was heerlik en lekker om klein Sean weer te sien.
Die kind was so verspot en het ons al die lawwe dinge geniet wat hy gedoen het. Hy roep net ... ANNAAAaaa!!! (vir
Johan se ma)
Volgende dag het ons gaan ontbyt eet in die wildtuintjie naby
t. Helena en toe deur die wildtuin gery. Toe weer na t. Helie-hul in Pretoria en toe begin ek alweer huilerig te raak,
want toe weet ek ons vakansie is byna verby.
Natuurlik netso lekker gekuier by t. Helie-hul en gaan koffie
drink by die Wimpy en wie kan die Sondagmiddag se ete vergeet en die poeding! Toe die middag na ete het ons Sammy
Marks huis toe gegaan in Pretoria. Dit was netso interessant en natuurlik nog skaars terug by die huis of ons
begin alweer te eet. Ons fotos van die laaste paar dae was nie op die digitale kamera geneem nie en moet ons eers die
ander kamera se spoel vol kry - sal die fotos dan laai.
Al wat ons net kan se die vakansie was so fantasties en ons
kan nie uitgepraat raak oor almal waar ons gekuier het nie en almal se moeite wat hulle gedoen het nie. Ons verlang
alweer en ek se julle ek het moeite om hierdie vakansie te vertel, want die trane sit naby, hoe kan mens jou mense ooit vergeet
en die land waarin jy groot geword het? Ons mis julle almal BAIE!!!
Dankie aan almal vir 'n heerlike vakansie en ons wens dat
ons langer by elke een kon gekuier het en dankie vir julle wat ons in Tygervallei gekry het vir 'n lekker middagete of ontbyt
ens. Sien julle weer - wanneer weet ons nie, maar almal sal altyd in ons gedagtes wees.
Gods rykste seen vir almal en baie liefde en groete
Annecke en Johan.
NB - vir verdere inligting oor die Rovos rail trein - gaan na:
16 Februarie 2002
Nou ja, alweer 2002 - glo dit, of nie - 'n ekstra plooi, nog
'n vetrol en almal is weer op dieet om ten minste van die vetrol ontslae te raak voor volgende kerstyd weer hier is.
Ons het 'n rustige Desember tyd gehad en het Johan sy reis
na Europa uitgestel na Januarie toe, EN EK VLIEG SAAM !!!!!... wel ten minste na Amsterdam toe. Hy gaan verder by hul
ander kantore in Europa aan, terwyl ek by ons vriende Sharon & Michael gaan afpak vir omtrent nog 'n week, nadat Johan
verder gaan. So ek sien uit daarna om weer almal in Baarn te sien en mee te gesels, asook om na ons ou kerk te gaan - ons
het dit baie daar geniet. Maar laat ek darem nou eers vertel van die Desember tyd tot nou...
Wel, ons het "Thanksgiving" mos by Daleen en Steven-hul gaan
kuier en het hul ons genooi om oukersdag by hulle te kom braai. Hul dogter uit RSA was ook daar en Steven se suster vanaf
Johannesburg. Ons het natuurlik heerlik gekuier en geeet en hul het boerewors gebraai wat hul van 'n Suid Afrikaanse
winkel so 3 ure se ry hiervandaan gekoop het - dit was heerlik!!!
Steven en Johan by die braai - boerewors!!!
Daleen in die kombuis in hul huis in Sanford.
Steven, Daleen en Annecke.
Daleen Steven Annecke en Steven se suster
Daleen en Steven se twee kinders, Michael en Adelle(spelling
mag verkeerd wees).

Ons kry mos nie juis ordentlike wors hier nie. Ons het
so lekker gekuier en natuurlik weereens te veel geeet. Toe later die aand huistoe sodat ons darem kan gaan uitrus vir
die volgende dag se kalkoen wat in die oond moes kom. Kersoggend opgestaan en lekker koffie gehad en toe het Johan die
verskriklike werk aangepak van die kalkoen. Ek het 'n jong kalkoen, net die bors gedeelte daarvan, gekoop en ook maar
gelukkig, want die ding was so groot, maar heerlik!!!! Wel, Johan het hom gestop met stopgoed wat ons gekoop het en
natuurlik sy eie speserye en dinge bygegooi en die kalkoen lekker in die oond gesit. Ons het ook lekker gerookte ham
gekoop en dit moes toe natuurlik ook netso vir 20min. in die oond voordat ons eet. Verder maar die familie gebel en
lekker saam gekuier en toe begin ek met my deel van die kos. Soet patat gemaak en aartappels en blomkool en witsous
en 'n slaai. Die tafel moes natuurlik ook mooi gedek word en toe kon ons nou net nie meer wag vir die kalkoen nie. Uiteindelik
toe die ete en was dit heerlik!!! Daardie kalkoen was so sappig., want ons het al eenkeer vantevore kalkoen gehad, maar
nie naastenby so lekker soos hierdie een nie. Mense ons het geeet dat ons letterlik bly le het, hoe lekker dat ek 'n
skottelgoedwasmasjien het.....

Toe het ek en Johan ons voor die t.v. gaan plattrek , want
daar was baie mooi stories op en natuurlik toe later pudding, roomys, en later weer koffie en brood met kalkoen daarop en
so het dit aangehou totdat die kalkoen drie dae later op was. Na die storie was ons bietjie vir kalkoen. Wel,
toe kom oujaarsdag aan. So rustig soos nog nooit.... Die Amerikaners hou baie rustig oujaar en ons het toe maar
net die aand gaan fliek en lekker gaan uiteet. Eers na elfuur by die huis gekom en gewag vir 2002 en toe lekker bed
toe gegaan. Ek dink ons was die hele Nuwejaar by die huis en sleg gewees. Toe kom die realiteit alweer die volgende
dag dat Johan moes gaan werk en toe is die ou roetine maar weer terug!!!!

So 'n week voor Kersfees het ons na die " Nut Cracker" gaan
kyk. Dit was my eerste keer wat ek dit gesien het en ook natuurlik my eerste lewendige ballet. Ek was in ekstase
en natuurlik die hardste geklap en netsoos 'n kind gewees. Net daar en dan het ek toe besluit dat ek ook op my ou dae
gaan ballet neem. Johan se ek sal seker darem 'n rol van 'n "cup cake" kry!!!! Wel, ek sal julle almal wys.....
Verder het dit heerlik gesneeu hier by ons in die eerste week
in Januarie - ongerveer 30 cm sneeu. Johan moes die sneeu voor die deure wegskep en het hy vir twee dae nie werk toe gegaan
nie. Dit was sommer goed koud en gelukkig het die bakkie 4 x 4. so ons kon darem oor die weg kom - die mense wat nie 4 x 4
voertuie het nie, moes hul motor opritte almal skoon maak - nodeloos om te se het Johan dit as 'n verskoning gebruik om nie
ons oprit skoon te maak van die sneeu nie - "ons het mos die 4 x 4, waarom moet ons dan die oprit skoonmaak?"
Nou ja, so moes ek maar wag tot die sneeu smelt voordat ek
met my karretjie kon ry, maar dit was darem nie lank se wag nie - Johan se hy wens dit sneeu meer sodat ek nie so baie by
die winkels kan uitkom nie - HA!!!
Johan se verjaarsdag, die 19de Des, was netso heerlik. Ek
skryf bietjie deurmekaar, maar dit is nou maar hoe ek dinge onthou, want soos julle kan sien het ons lanklaas geskryf. Wel,
hy het gedink dat ons die aand gaan uiteet, maar ek het vir hom 'n lekker verrassing gehad, lekker self gekook, Johan kon
dit net nie glo nie, maar ek dink die kos was heerlik en ek dink hy het dit meer geniet as wat ons sou gaan uiteet het. Terwyl
ek die kos voorberei het het Pieter(Johan se broer) gebel en die kon nie eens glo dat ek staan en kook nie!!!!!
Gepraat van Pieter - een van hul vriende het hier naby(so
2- 3 ure se ry van ons af) kontrak werk kom doen.
Gerald het toe vir ons geskenke van Piet hul (Johan se broer)
af gebring en sommer oorgeslaap die Saterdag aand. Nou ja, hier is nie veel om te wys nie, maar ons het hom rondgeneem en
gewys wat te wyse is... maar 'n "boring" plek hierdie, ne Gerald??? Ag - ons bly heerlik hier. Johan het toe boerewors
gebraai wat ons by Steven en Daleen gekry het en was dit heerlik om weer Suid Afrikaanse geselskap te he. Ons het heerlik
gekuier.

Wel nou is ons terug by die Januarie weggaan vir Johan en
my klein vakansietjie in Nederland. Ek sou twee dae voor Johan vlieg, want ons kon nie dieselfde vlug kry nie en was
en nou hartseer daaroor. Het regtig gevoel dat ek my man in die steek laat, want dit is die eerste keer in 10jaar wat
ek op my eie van hom af weggaan. Wel, gelukkig toe hoor hy dat hy die Sondag na San Jose moes vlieg vir 'n vergadering
die Maandag en kom dan die Dinsdagoggend terug. Ek het die Maandagaand om 5:45 na Holland gevlieg - so deur die dag
was dit inpak en Johan se klere vir hom regsit vir wanneer hy vanaf San Jose terugkom. Die Sondagaand toe bel 'n vriendin,
Mary Lynne, sy is in ons Kerk en vra hoe ek by die lughawe kom, met die taxi, sy wou niks weet nie en het my die middag kom
optel en eers gou 'n lekker broodjie saam met haar gaan eet en toe lughawe toe. Daar aangekom was al my goed natuurlik
uitgepak en deursoek, wat 'n goeie ding is volgens my, en toe gaan wag vir my vlug na Philadelphia. Ek het op Philadelphia
oorgeklim na Holland. Altesaam het ek seker so 8ure gevlieg. Die volgende oggend op Schipol aangekom en toe wag
Sharon, Michael, Lisa(hulle baba) en Monica, 'n vriendin wat ons ook daar gemaak het - nog 'n Suid-Afrikaner, ek was so opgewonde
om almal te sien, maar die meeste natuurlik oor klein Lisa.





Ek het haar toe nog net op fotos gesien en het die kind byna
dood gesoen. Sy is te pragtig en die woeligste klein dingetjie wat ek in 'n lang tyd gesien het. Sharon en Michael
julle het 'n pragtige kind!!
Wel, toe huistoe en lekker gaan eet en natuurlik lekker brood
met kaas gehad. Hier kry mens mos nie so lekker brood en kaas soos in Holland nie. Natuurlik ook ewrtensoep gehad,
want daarvoor het my lus allankal uitgehang. Die volgende dag gaan rondloop met Sharon in Hilversum en toe die Donderdag
kom my ou mannetjie toe daar aan. Vroeg oggend was hy al by Sharon se huis om my optehaal, want toe is ons deur na die
hotel in Baarn. Daar gaan inboek en hy moes net stort en weer weg vir 'n vergadering in Amsterdam. My natuurlik
lekker agtergelaat met sy tas wat ek moes uitpak , wonder hoekom het hy my saamgeneem?
Die naweek het ons lekker in Baarn rondgeloop en geeet wat
ons nou al vir 'n jaar gemis het. Toe ons die
Vrydagaand afkom met die trap in die hotel sien ons toe 'n bruidspaar
is besig om fotos te neem in die hotel. My jissie, toe is dit van ons ou gemeente se mense wat getrou het. Hulle
is toe verbaas dat ons daar is en net daar en dan word ons ook uitgenooi vir die partytjie na die tyd.
Dit was so lekker om almal weer te sien. Ons het so
9:30nm by hulle weer aangekom en toe is die klomp goed aan die kuier. Natuurlik eers almal gegroet en moes natuurlik
net vertel hoe ons hier by die "plastic" mense bly. Hulle noem die Amerikaners "plastic" mense. Lekker bitterballen
en kaas geeet en nou dat ek daaraan dink niks gedrink nie, net geeet. Toe vertel die bruidspaar ons waar hulle vir die
wittebrood gaan, en natuurlik S.A. Toe is ek nou weer so hartseer en soebat net dat die twee my moet saamneem, maar
nou ja, geen geluk.

Die Saterdag moes ons vir Sharon-hul om 11uur bel en te reel
waar ons mekaar moet ontmoet, maar toe word die twee Marais' eers 12:45 wakker. Soos 'n pyl uit die boog is Johan uit
die bed om Sharon te bel en toe gou aantrek en toe vir al die ander bekendes gaan opsoek. Ons vriendin, Ineke, lyk baie
beter as wat Johan haar verlede jaar gesien het. Sy kry nou sterker chemo en sy se sy dink dat sy beter word daarvan.
Natuurlik net baie moeg, maar sy gaan aan en het soveel vertroue dat God haar gaan gesond maak. Mens kan maar
net bid en vertrou daarop en ek weet dat God weet die beste wat Hy ookal met haar lewe wil doen. Toe weer na Christa-hul
en daar gekuier en toe hoor ons dat hulle weer junie vakansie na S.A. gaan vir 'n maand. So was dit toe ons naweek en
natuurlik Sondag na ons ou Kerk. Dit was weer so lekker om daar te sit en na die Woord te luister en met almal te praat.



Sondagaand het ons, Christa en Philip heerlik uitgeeet
en was dit nou weer lekker om oor al die dinge te gesels. Nodeloos om te se, moes ons 'n nagereg ook neem - hoekom is
eet tog so lekker???
Johan is toe die Dinsdagoggend vroeg weg na Schipol
en sy reis verder gedoen in Europa. Ek is na Sharon en het verder die res van die week by haar gekuier.
Vrydagaand toe bel Johan dat ek gou vir my 'n vlug moet kry
na Milaan, want hy is toe die naweek in Milan. So vinnig as wat ek kon na die reisburo gehardloop en gelukkig 'n vlug
gekry vir die volgende oggend om 8uur na Milan. Foeitog, toe moes Michael so vroeg die oggend opstaat, want ek moes
toe twee ure voor die tyd op Schipol wees. Alles werk toe so goed uit, want ek kry toe die Maandagoggend weer 6:40 'n
vlug terug na Schipol en om 12uur die Maandagmiddag moes ek in elkgeval weer na Amerika vlieg. Johan het ook Maandagoggend
om 7uur weer moes hy vlieg na Duitsland. Wel, toe by Milan aangkom wag my ou mannetjie op my en was ek bly om hom te
sien. Toe met die taxi na ons hotel, maar Johan het weereens die straat adres vergeet en het ons toe lekker rondgery
in die taxi totdat ons die regte Radisson hotel gesien het.



Gou gaan stort en toe lekker buite gaan rondloop. Die
weer was lieflik, koud, maar niks gereen nie. By die hotel was daar toe stalletjies(mark) daar rondgeloop na skoene
gekyk en al die mooiste klere gesien. Toe natuurlik vir my 'n top gekoop en toe loop ons twee na die dorp. Mense,
wat 'n gesig.
Die mooiste Kerk asook 'n kasteel gesien en binne gaan kyk.
Wat toe vir ons so verskriklik was is dat die Kerkdiens aan die gang was en almal wat daar rondloop en fotos neem terwyl
die diens aan die gang is.
Dit was vir ons net te verskriklik. Lekker moeg die
aand terug na die Hotel en toe gaan klaarmaak, want ons het toe 'n bespreking by 'n regte Italiaanse (moet ek se tradisionele
Italiaanse plek) restaurant. Ons het so lekker geeet, maar Johan het nie verwag dat ons borslappies gaan aankry nie
en toe is die ou se eetlus sommer gedemp. Ons het vir ons hoofgereg kreef bestel wat met pasta bedien word. Mens
kry dan elkeen 'n halwe kreef, maar alles is nog in die dop moet dit self oopmaak en uithaal. Dit kan nogal 'n morserige
storie afgee, daarom moes ons borslappies voorkry. Ek is netso spyt dat ons nie ons kamera daar gehad het nie. Wel
die ete was heerlik en toe lekker gaan slaap.
Die mooiste klerewinkels wat ek nog ooit in my lewe gesien
het. Elke tweede vrou loop met 'n "mink" jas aan. Ons het na die goed se pryse gekyk omtrent $2 000.00 sal
dit vir my kos.
Ek wil natuurlik nie so 'n jas he nie, want ek sal te skuldig
voel om dit te dra en natuurlik het ons nie die geld nie, maar mooi is dit!!!!!
Die volgende dag is ons toe na ontbyt weg met die trein
na Como. Dit is 'n klein dorpie aan die Como meer Noord-Oos van Milan - ongeveer twee ure met die trein. Dit
was definitief die moeite werd. Het toe dadelik vir ons 'n bootrit gaan boek, duur ongeveer 'n uur op die meer, dit
was nogal lekker koud en toe gou gaan warm sjokolademelk drink. Wel, ons het gedink dit is sjokolademelk, maar toe die
koppie goed by ons aankom was dit gesmelte sjokolade. Dit was ongelooflik lekker en ongelooflik sonde gedoen met die
sjokolade.
Op die boot en was dit nou 'n belewenis. Die huise is
ongelooflik mooi. Natuurlik is die goed alles verwaarloos en het dit verf nodig en lyk alles vervalle, maar as mens
daar verby kyk is dit 'n sprokie.
Na die bootrit het ons met die kabelkar opgegaan na die berg.
Daar is 'n hele gemeenskappie daarbo met die mooiste villas wat mens kan aandink. Natuurlik moes ons oral loop
en alles is so styl afdraand en natuurlik glip my voet toe nou weer, maar gelukkig was my "night in shining armour" langs
my en red hy my net betyds.
Lekker by een van die restaurante daarbo gaan pizza eet en
seker maklik vir twee ure daarbo deurgebring. Toe weer af met die kar en toe bietjie in die dorp gaan rondloop. Dit
was die lekkerste van my hele 11dae in die buiteland. Ek is gek oor Milan . (let op die steilte van die kabeltrein in
die agtergrond in die foto hieronder)
Daarna het ons weer onder in die dorpir Como gaan rondloop
- pragtige dorpie met lieflike huisies, strate en kerkies.
Toe weer die maandagoggend vroeg weg na die lughawe en natuurlik
was my vlug toe vertraag, maar gelukkig betyds om my vlug op Schipol te kry na Philadelphia. Ek was weer die Maandagaand
om 8uur terug by die huis. Dit klink so gou, maar met die tydsverskille is dit so lank op die vliegtuig. Johan
het toe weer die 30ste hier aangekom. Wel, sy reis is nog nie verby nie, want hy het alweer die Dinsdag na Australie
gevlieg vir 'n week. Ek bly by die huis en moet seker nou weer vir 'n slag lekker huis skoonmaak en huisvrou dinge doen.
Verder is ons druk besig met ons voorbereidings om Kaap toe
te gaan die 2de Maart en gaan ons vir 3 weke. Ons kan nie wag om by Johan se broers te kuier nie en gaan ons meeste van die
tyd by hulle bly. Verder het ons geboek om met die trein vanaf Durban na Pretoria te ry. Die trein reis deur Natal en die
Oos transvaal en is daar ook wildritte ingesluit. Ons sal volgende keer alles daaroor vertel - ons sien verskriklik baie uit
daarna.
Wel dit is al wat ek te vertelle het. Tot 'n volgende
keer.
Baie liefde en groete
Annecke en Johan.
10 Desember 2001
(To Matt and Kate Goodlett - tnx for a wonderfull day in the
Blue mountains!!! Apologies for being so late in posting the photos and a Merry Christmas and great New Year to everybody
Down-under!!)
Daar is ook nuwe fotos onder "vriende van familie" van vriende
en familie wat fotos gestuur het - kyk gerus of julle daar is...
Kan julle glo - dit is alweer Kersfees en einde van 2001.
Jong, maar 'n mens kan nie glo hoe die tyd vlieg nie.
Januarie is ons `n jaar in Amerika en as ons so terug kyk,
kan ons werklik maar net Dankie se vir alles wat mens ontvang en geniet het gedurende die jaar, waarvan die grootste ons seeninge
soos gesondheid, familie en vriende is. Ons mis almal werklik BAIE!!!! Ons wil ook vir almal `n Geseende Kersfees en
`n voorspoedige nuwe jaar toewens met Christus se liefde en Gods rykste seen vir ieder-een asook jul families. Julle is almal
in ons gedagtes en gebede gedurende die Fees seisoen. Wat `n gawe om vriende en familie soos julle te he!!
Nou ja, wat het alles die afgelope paar maande gebeur. Johan
moes soos gewoonlik weer reis en is hier `n paar fotos van toe hy `n maand terug Asie toe was. Hy was eerste Sydney, Australie
toe en het daar by vriende van ons (Matt en Kate Goodlett) vir `n dag gekuier in die Blue Mountains wat ongeveer `n uur se
ry vanaf Sydney is. Ons het hom in Suid Afrika leer ken en het hul ook in Nederland by ons kom kuier.
Hier is 'n paar fotos wat Johan in die berge geneem het.
Hier is die Goodlett-familie waar ons "breakfast" geniet het
in 'n dorpie in die berge naby hul huis, asook die huis wat hul tans besig is om te bou(hierbo).
So het die mans ook ge"baby-sit"...
... and we can see with whom baby is most comfortable with,
hey dad!?!?
Die Saterdagmiddag het hul Johan teruggeneem na sy Hotel en
kon hy ook so bietjie van Sydney sien - hier is 'n paar fotos - Johan was mal oor Sydney en se dit is seker een van sy gunsteling
stede. Onder is die Opera huis en die Sydney brug.
Bo was Johan met die Ferry op pad terug vanaf Manly Beach (regs)
wat aan die buitekant(see se kant) van die Sydney baai is.
Onder is Darling hawe in die aand (baie soos die Waterfront in Kaapstad)
en pragtig in die aand en natuurlik moes die Cisco kantoor ook afgeneem word....
Onder is 'n foto van Johan saam met kollegas in Singapore
voor 'n fontein wat spuit dat die "rook" staan in die agtergrond...
...asook 'n foto van die rivier(hy't die naam vergeet)
in Korea wat deur Seoul vloei...
...en dan 'n paar fotos in China by 'n Chinese (peperduur)
restaurant waar jy jou "vars" gereg kan kies, wat wissel van vars vis, mossels, oesters, kreef, krap, vis, slange, slakke,
goggas en akkedisse, ens.
Ook 'n foto van 'n klooster in Beijing wat jare al daar
staan.
Verder het daar al soveel ander dinge weer intussen gebeur
dat ek sal probeer om alles oor te vertel. Ons het al ongeveer 3 maande terug kaartjies verniet gekry om die sangeres
Stevie Nicks (wat ook in Fleetwood Mac sing) “live” te gaan kyk. Dit was heerlik. Jul sal ook onthou dat
ons 3 maande voor dit ook kaartjies gekry het om Journey (Wheel in the Sky keeps on turning) ook te gaan kyk - dit was net
so lekker gewees. Verder het Johan se mense hom genooi om 5 Desember saam met hulle yshokkie te gaan kyk. Hy dit baie
geniet en alhoewel die North Carolina Hurricanes verloor het, het hy dit steeds baie geniet - hy't belowe dat hy my sal saamneem,
want dit is nogal pret.
Ek het uiteindelik vir Johan gekry om `n “treadmill”
te koop vir ons(veral sy) gesondheid. Die volgende stryd is nou om hom te kry om die ding te gebruik… Ons
het ook ander Suid Afrikaners ontmoet wat hier naby in Sanford bly(dorpie so 30 minute se ry hier van ons af). Hulle
het ons genooi om “thanksgiving” by hulle te gaan eet. Dit was heerlik - dit was Daleen en Steven Bezuidenhout
met hul seun Michael (16 jaar) . Hulle het ander Suid Afrikaners ook genooi en was ons `n totaal van 10 RSA'ners
wat thanksgiving saam gekuier het.

Thanksgiving was vir ons `n pragtige tyd, waar almal oor TV,
radio, in die kerke en sommer orals, bewus is en mense bewus maak van alles waarvoor ons moet dankbaar wees, asook die koloniale,
soldate, brandweermanne, polisie, ens wat almal gestref het om Amerika te vestig, verdedig en te beskerm, asook mens se persoonlike
gesondheid en seeninge. Werklik `n tyd om mens se seeninge te tel… en dan die dag en naweek na Thanksgiving,
vaar die Yanks in die winkels en koop asof die ekonomie daarvan afhang - mind-you, hierdie jaar hang die ekonomie daarvan
af, en erg ook. Dit is vir ons steeds ongelooflik hoe die maatskappye en regering werk om die mense te laat koop, asook die
“specials” met 50% af op alles(en dit is werklik 50% af - nie `n sales-foefie nie). Nog nie eers te praat van
die rentevrye motors nie. Mens kan nou hier `n motor koop en dit afbetaal op 36 maande rentevry - ZERO % rente op `n
motor. Hoe kan mens dan nou nie twee keer dink om `n ander motor te koop nie, maar ons het ons rygoed en hoop maar die Amerikaners
koop dat die ekonomie weer kan noorde toe wys. Dit wil darem begin lyk asof dinge beter wil gaan - Johan het gehoor
dat heelwat mense weer werk gekry het wat afbetaal is by Cisco. Aan die ander kant besef die mense ook nie wat werkloosheis
beteken nie - hul kla oor die hoogste werkloosheid in byna 12 jaar - 3, 5 % hier in ons kontrei. Dan wonder ek wat die
werkloosheid nou in RSA is - 35%, 40%??
Natuurlik is thanksgiving ook die begin van die Kers-seisoen
en vanaf einde November is die winkels en restaurante opgemaak en het ons selfs `n radio stasie gekry wat 24-uur per dag kersmusiek
speel - heerlik!! Ek moet ook se dat hier by die 20ste weergawe van “Rudolph, the red nose reindeer”, kan dit
miskien bietjie saai raak, maar ons geniet dit baie.
Natuurlik het ons ook vinnig ingeskakel en het ek Johan saamgesleep
winkels toe na Thanksgiving en natuurlik `n kersboom gekoop en sokkies om by die kaggel te hang en `n paar ornamentjies vir
die boom - nie oordoen nie, maar net genoeg, vir ons altans. Ook `n paar liggie vir die tuin en lyk dit eintlik karig teen
wat van ons bure het. Dit is liggies en kranse en is `n hele gedoente, maar natuurlik van dinge wat hul oor al die Kersfeeste
opgebou het - party miskien bietjie oordoen, maar dis mos maar volgens elke mens se smaak en keuse - dat dit vrolik lyk hier
in die straat af is nou maar een ding wat nie twee is nie!!! Almal vier Kersfees!!!!
Nou ja - geen planne vir ons vir hierdie Kersfees nie. Johan
gaan `n kalkoen en/of Ham koop en dit vir ons gaarmaak vir Kersdag en sal ons, ons oor `n mik eet as ons uit die kerk kom…
en dan “collapse” vir die middag.
Amper vergeet ek - Net voordat skoonma terug is RSA toe, was
ons na Wilmington strand toe gewees, so twee ure se ry hiervandaan. Ons het sommer net vir die dag gegaan en was dit
heerlik, veral die weer.
Moeder Anna en ek... en weer ek met die herfsson in die agtergrond...met
'n strandhuis reg op die strand - ons droom maar net...
Ons het `n bietjie op die strand geloop en Johan wag net vir
die lente om `n visstok te koop - dan sal ons seker vir `n naweek gaan om te sien of hy van visvang gaan hou, want glo my,
as hy niks gaan vang nie, weet ek dat dit dan “te vervelig” vir hom sal wees.
So gepraat van die weer - dit is al amper middel Desember
en ons het nog glad nie baie koud gekry nie. Inteendeel, dit was oor die 20 grade Celsius gewees Saterdag. Johan het in die
tuin gewerk en het ons garage reg gepak. Heerlike weer gewees!!! Dit het ook lanklaas gereen en van die dorpe om ons
het al waterbeperkinge ingestel. Johan het vandag (Sondag 9 Des) die spreiers aan gehad, maar ook nie te lank nie - mens hoop
maar dit reen een van die dae - hul praat van volgende week miskien.
Nou ja, weer eens `n Geseende Kersfees aan almal en `n voorspoedige
nuwe jaar!!!!
Groete en Liefde
Johan & Annecke.
NB - die volgende opdatering behoort eers weer hier teen einde
Januarie 2002 te wees - tot dan en moenie skroom om 'n e-mailtjie of boodskappie te los nie.
21 Oktober
Alweer laat, maar hier begin ons.(Kyk oor vir Christa, Phillip
& kinders onder die Hollandse vriende - het hul fotos die week inge"scan") .
Ma het die 6de September by ons aangekom. Sy was
die middag 4uur op die lughawe(RDU- Raleigh, Durham International). Johan het sommer toe die middag afgevat en ons het
'n heerlike naweek gehad. Johan moes toe eers 'n foto steel toe ons mekaar wou groet.
Ek moes darem ook vir seun en moeder afneem, allemagties!
Ons eerste weggaan naweek was die einde van September. Johan
het die 1ste Oktober verlof ingesit en kon ons toe lekker vir 'n langnaweek na die berge gaan, Smokey Mountains. Ek
en Ma het die Vrydagoggend opgestaan en die hele dag ons goedjies ingepak om saam te neem veral natuurlik die kosserasies.
Ons het gaan kamp, so ons moes toe natuurlik alles lekker eetdinge saamneem. Johan het die middag 3:30 by die
huis aangekom. Ons is toe winkels toe om nog 'n dubbele slaapsak en matras vir ons te kry en nog 'n paar dingetjies.
Toe sommer lekker die aand gaan uiteet en terug by die huis het ons begin inpak en vroeg in die vere, want die volgende
oggend om 400 wou ons ry. Wel, na 'n lekker nagrus het ons toe hier 4:30vm weggekom. Ons was baie verras,
want kyk waar ek by is is ons altyd laat, maar 'n halfuur is darem nie so baie nie, of hoe se ek!!!

Lekker snoesig in die bakkie, want die oggend was dit
nogal fris buite en so is ons weg vir die langpad. Ons het seker so die oggend om 10uur langs die pad ontbyt en vir
Ma gaan wys hoe lyk die IHOP, Internatiol house of pancakes, sy het dit natuurlik gate uitgeniet en het ons toe lekker gesmul
aan die Amerikaanse pannekoeke. Mens kry dan eiers, wors, bacon, toast en natuurlik die pannekoek. Die pannekoek
lyk baie na 'n flap jack, maar dit is baie lekker. Johan gooi die pannekoek natuurlik toe met die stroop en dan sit
hulle nog 'n halwe pond botter op die besigheid, maar wie lekker smul is Johan!
Daarna weer die pad verder. Ons het darem probeer om
bietjie fotos te neem om te wys hoe pragtig dit is. Natuurlik kan mens dit nie so sien hoe asemrowend dit is nie, maar
ons hoop dat dit darem gaan help.
By hierdie uitkykpunt het ons baie vriendelike mense ontmoet
en hulle het toe die foto van ons drie geneem.
Ook by dieselfde uitkykpunt.



Toe ons die middag twee uur in ons kamp aankom, High Point
Camping Grounds, het ons toe eers begin om kamp op te slaan. Die windjie was koud, maar darem nog nie so verskriklik
soos die aand nie. Klaar kamp opgeslaan het ons koffie gemaak en eers lekker boeretroos gehad en toe na die dorpie
Cherokee. Dit is 'n Indiaanse reservaat en natuurlik lekker dinge om daar te koop en te sien. Toe ons die
middag laat terugkom by ons kamp - vriesend koud. Almal het hul warm jasse of truie aan en toe begin Johan met vuur
vir ons vir 'n kossie vir die aand. Ons was naderhand klappertand, maar kamp wil die Marais'. Nadat ons toe klaar
geeet het, dit het so staan staan by die vuur gegaan kruip ons toe in en hoop maar dat ons nie in die nag gaan verkluim van
die koue nie. Die volgende oggend opgestaan. Johan natuurlik vir ons 'n heerlike ontbyt gemaak en Ma en ek bietjie
hand bygesit en skielik besluit om kamp af te slaan en warmte in 'n motel te gaan soek. Die stortgeriewe is maar
primitief en glo my die wind sny deur die stort, want alles is maar sement en die deur voor is ook nie so dig soos dit moet
wees nie. Besluit toe dat ons met ons vuile bodies en al netso in die bakke en vir ons 'n kamer in die motel gaan soek
en ten minste dan lekker warm stort en skoon aantrek. So gedoen en het ons toe 'n lekker kamer gekry. Mense was
dit nou lekker toe ons skoon is, niemand ruik meer vir iemand van die vorige aand se vuurrook en wyntjie nie. Daarna
in die bakkie en toe gaan ons die winkels plat loop en natuurlik moes ek en Johan eers iets lekkers gaan eet.



Die oggend by die tent nadat ons byna verkluim het deur die
nag.
Ma is besig om te kyk hoever die warm water is.
Die twee Marais' vroue help met die maak van die ontbyt.
Hier is Ma in Cherokee.
Natuurlik ek, want ek's natuurlik glad nie bang vir 'n kamera
nie!!!!
Ook in Cherokee by 'n Indiaanse beeld - Cherokee museum
Johan het ons twee oor die brug gestuur sodat hy ons van die
anderkant kon afneem.
Ons het toe 'n waterval ontdek in die Smokey Mountain park.
Net om vir julle te wys hoe pragtig verkleur die bome nou
by ons en natuurlik is daar nou al so baie blare afgeval dat arme Johan elke dag maar kan wegblaas, 

Nou ja, ons sou toe verlede naweek na Washington gaan, maar
dinge het toe nie so uitgewerk nie. Ek weet nie of ons nog voordat Ma weggaan gaan tyd kry om daar te gaan inloer nie,
maar dan moet ons dit maar op 'n ander keer doen. Ons het darem toe hierdie naweek na die North Carolina State
Fair gegaan. Johan het sommer uit die bloute besluit om te gaan. Ek en Ma het nog so lekker hier in die
huis gesit en besluit wat ons die aand gaan eet. Ma het die vorige aand vir ons sop gemaak met pannekoeke. Dit
was natuurlik heerlik. maar soos altyd weer oorgebly. Dit word ook met opset gedoen , want sop is net nog lekkerder
as dit eers vir 'n dag of wat gestaan het. Wel, dit wou ons toe Vrydagaand eet, maar toe bel Johannes en vra of ons
nie State Fair toe wil gaan nie. Wel, nou diegene wat my goed ken weet dat ek en kosmaak nie so lekker saamgaan nie
en my woorde was dadelik ja, nie eens gehoor of Ma lus is om te gaan nie. Wel, so is ons toe hier weg en eers net voor
aguur by die state fair aangekom. Dit het ure geneem, vir ons het dit so gevoel, voordat ons 'n parkeerplek kon kry.
Natuurlik ver vanaf die besigheid geparkeer en toe 'n lekker stywe lopie gehad na die ingang. Daar aangekom
begin die sports toe eers. Ek vra toe vir Johan nou wat het die mense by die werk vir hom gese van die fair, is
dit dieselfde soos ons skou in S.A., maar sy antwoord was hulle se eintlik eet mens net en ry al die verskillende pretritte.
Wel, dit was behoorlik so iets. Hulle sale met uitstallings kom natuurlik nie naby ons land s'n nie -S.A. BO!!!!!!!

Buite is dit ook eintlik nie die moeite werd nie, en die diere
wat hulle het is so in klein hokkies ingeprop dat mens eintlik te hartseer is om daarna te kyk. Ons het natuurlik ook
'n eland daar gesien en dit het die mense se aandag vasgepen. Later het ons gaan eet en later weer en later weer. Wie
se dat die Marais' kleinetertjies is? Ons het later die heerlikste kalkoenboud raakgeloop. Dit was heerlik en
het ons drie dit maar gedeel, want na 'n hamburger en skryfies en 'n hotdog en soetgoed ens. sou ons nie ons eie kon eet nie.
Die pretritte is baie meer gevaarliker as ons s'n. By ons sou ek nog oorweeg om te gaan, maar hier kry niemand
my op een van daardie goed nie. Die kinders geniet dit natuurlik gate uit.

Later die aand staan ons by 'n stalletjie en uit die bloute
hoor ons net 'n knal, ek dink toe nou ja, nou het die terroriste ons toe is dit die mooiste vuurwerke wat ek nog ooit in my
lewe gesien het. Mens kon net nie ophou kyk nie. En elke keer wanneer ons dink hulle is klaar dan begin dit weer
en weer. Puik!
Toe later lekker moeg geeet en geloop en toe huistoe en kom
slaap. Gister het Johan ons gras voeding gegee en was dit maar ons Saterdag. Lekker rustig en net bymekaar.
Wel, die naweek is amper verby en more aand vlieg Johan alweer
na San Jose en kom dan weer Donderdag terug. So die week is alweer op ons en sien ons weer uit na die volgende naweek
met my ou mannetjie.
Lekker om met julle almal te kon gesels. Ons verlang
na almal en mis julle almal onsettend. Hierdie geselsie help darem , maar as ek net kan tyd kry om dit meer te doen!!!
Johan gluur my aan, want hy weet ek jok, want dit is mos te lekker om nou met Ma rond te loop en dinge te ontdek.
Groetjies van die Marais' tot 'n volgende keer
Johan & Annecke
2 September
Julle het seker al gedink wat het van ons geword, ja, ons
webtuiste is baie agter, maar dit is my fout, want ek was seker net te lui om te skryf. Ons het ook intussen besluit
om dit 'n maandelikse okkasie te maak om die Webtuiste op te dateer, siende dat daar nie veel aan hierdie kant gebeur nie
en as daar wel nuus is en ons kry die gaping om die tuiste op te dateer, dan doen ons so.
Dankie weer eens vir almal se besoeke, belangstelling en boodskappe,
asook geduld in die laaste maand of twee.
Laat ons eers begin om te se dat ons hierdie keer betyds was
met kamera om die bokkies in ons agterplaas af te neem - gewoonlik sien ons hul, maar dan is ons te laat met die kamera of
die kamera is nie gelaai nie, of iets hinder hul en dan gaan hul weer die bosse in, maar hierdie keer kon ons darem een van
hul afneem - te pragtag!!
Bokkie (regte bok) in die agterplaas.
Johan was die 10de Julie vir drie weke weg vanaf die huis.
Hy het eers na Australie, Singapore, Beijing, Korea(Seoul), Nederland, Duitsland en toe na London gegaan. Hy was net
een dag in Sydney en een dag in Singapoer, maar was langer in China as gevolg van vergaderings en het hul klomp die Chinese
muur gaan klim, naby Beijing. Lyk vir my veel van klim nie, want daar is kabelkarretjiem, maar Johan se hy het die vorige
aand se Peking eend goed afgewerk met die klomp trappe op die muur.
Verder het van die mense by die Beijing kantoor vir hul geneem
na 's Chinese vertoning waar hul tradisionele liedjies met "Weird" instrumente gespeel het, wat Johan se hy ook nie vir langer
as 15 minute kan luister nie. Hul het ook masker vertonings daar gehad met hul mimiek vertonings wat ook interresant was,
maar soos hy se, as jy dit eenmaal gesien het, was dit genoeg.
Seoul in Korea was nie vir hom so interresant nie, want daar
gaan nie veel aan nie. Meeste van die stad is redelik "nuut", siende dat meeste van Seoul plat gevee is gedurende die
Koreaanse oorlog. Johan se vorige baas in Amsterdam is nou daar vir 'n twee jaar projek en het Eddie vir hom na die
toeriste winkels geneem. Hy se ook dat alhoewel dinge beter lyk tussen noord en suid Korea, die "tension" maar nog steeds
daar is, maar dat Suid Korea, veral die stad Seoul, baie duur is.
Johan & Eddie(Engelsman)
Tipiese straat in Seoul, Korea.
Ek was so spyt, want hy was oor `n naweek in Nederland(Baarn)
en ek wou so graag ook daar gewees het. Wel, gelukkig het hy sy tydjie in Baarn geniet, want die klomp daar het hom
uitgenooi vir ete en hy was die Sondag na ons Kerk toe. Die vriende van ons (Sharon en Michael) wat `n baba
in Junie gehad het in Baarn, het vir Johan genooi vit ete en was dit blykbaar heerlik en is die kleinding (Lisa) stroopsoet.
Sharon, Michael & Lisa
Dit gaan ook onder omstandighede goed met ons ander
vriendin, wat kanker het, en Johan het ook by haar dogter-hul ( die Gerritsen familie - foto hieronder) gaan kuier en
koffie gedrink. Ek dink dit was vir my nogal baie hartseer om te weet dat hy daar by haar kuier en ek kan nie saam met
hom daar wees nie.
Inneke, Marco, Inge & hul kinders
Inneke, Samuel & Johan
Verder se Johan lyk Baarn nog dieselfde. Hy was
ook by ons huis aan om `n foto te neem. Die mense wat die huis by ons huur was nie daar nie, maar Johan se alles lyk
netjies en op hulle plek. Ek dink ons moes eers uit Baarn gaan om te besef hoe lief ons die plekkie eintlik gekry het.
Johan se hy was sommer hartseer toe hy die mense groet en moes klaar maak om lughawe toe te gaan. Ek dink ek wou
ook nooit erken het nie, maar ek mis Baarn regtig baie.
Ons huis in Tulp straat.
Vorige huurhuis - Burgemeester Pen straat in Baarn met Komart winkel in die agtergrond waar ons altyd ons inkopies gaan doen
het - heerlik naby. Het altyd met die winkel trollie tot in die kombuis gestoot en die kruideniersware vanuit die trollie
in die kaste ingepak.
Links is 'n gedeelte van die Laanstraat wat die middel punt van Baarn was waar al die winkeltjies en bakkers, kaaswinkels,
koffie winkels en nog wat alles digby mekaar is en waar almal vir almal raak loop en lekker klets in die straat.
Die dorpsplein (genoem die Brink) was die naweek vol met stalletjies en het Johan probeer om alles te eet wat ons nie in Amerika
kry nie - kibbeling(vis), stroopwafels, poffertjies, en noem maar op. Maar hy se dit was steeds eensaam om alleen daar
rond te loop - laat my darem voel hy het my
gemis.
Michael (foto bo) se ma (Ria) en haar man Geert het vir Johan
genooi vir ete en het hulle hom bederf met heerlik kos en natuurlik roomys. Johan het darem daar ook vir Lisa vasgehou
en so bietjie pa gespeel met die kleinding - natuurlik toe Lisa begin kerm , baie vinnig weer vir Sharon teruggegee - tipies
man, he?!?!
Dierbare vriende - Geert , Ria en natuurlik Sharon toe hul vir Johan vir ete genooi het - so asof hy nie genoeg in die Laanstraat
geeet het nie, maar hy se die kos was heerlik. Lisa moes natuurlik alles van benede in die oog hou...
Johan en Lisa - albei bietjie ongemaklik lyk dit vir my - maar hy se sy was pragtig en tog te soet. Aard definitief
seker na haar pa, of hoe Sharon :-) ?!?!
Verder was Johan ook Sondag saam met Inneke-hul kerk toe en
was dit vir hom heerlik om weer te kan aanbid saam met die Baarnse "broers en susters", want vir ons was dit altyd soos 'n
Christen familie in die Reddingsark - die Baarnse kerk. Ek hoop om volgende keer saam te kan gaan as hy weer gaan - ek mis
almal werklik baie.
Links is 'n foto wat Johan geneem het van die Reddingsark - ons kerk in Baarn - 'n Evangeliese gemeente. Alhoewel die
diens in Amersfoort was toe Johan daar was het hy 'n fiets gehuur en ook die kerk hier afgeneem en al die ander fotos.
Hier is dit so lekker en ons geniet ons huis en die omgewing,
maar die klein gemeenskappie wat ons in Baarn gehad het sal ons seker nie maklik hier he nie. Almal is hier netso besig
en bedrywig en die ding is mense spandeer so baie tyd hier by hulle werke dat as dit naweek is wil almal net by hulle families
wees. Hier kom die mense ook nie by mens koffie drink soos ons gewoond is in SA nie en ook in Holland nie, maar hier
bel hulle jou eerder en se dat ons mekaar by `n restaurant moet ontmoet en daar gaan koffie drink. In Europa het ek
weer geskel, want daar kan mens nie sommer net by iemand aankom nie, want eers moet daar `n afspraak gemaak word vir koffie
drink en hier drink hulle glad nie koffie by die huis nie. Wel, ons moet maar hieraan gewoond raak en saamgaan met die
stroom. Ek sal regtig bly wees as ons S.A. mense hier ontmoet - darem dieselfde kultuur as ons, maar dit lyk my hier
waar ons bly is hulle maar skaars.
Wel, ek het nou al so afgedwaal van my storie af. Johan
is toe terug na drie weke en toe begin die besigste tyd weer by sy werk. Dit is die einde van die finansiele jaar en
die een vergadering op die ander en in die aande het die klomp gaan uiteet - so dit was maar altyd besig hier. Twee
weke gelede vertel hy my toe dat hy weer die 13de Aug. in San Jose moet wees, want daar is weer `n vergadering. Soos
`n goeie vrou maar maak bly ek maar stil en aanvaar dit maar ewe gedwee. ……. Gelukkig ken my man my en hy
kan sien dat die duiwel los gaan wees en beplan hy gou `n plannetjie. Twee aande voordat hy moet vlieg kom hy by die
huis en vertel my van sy plan, dat ek ook saamgaan na San Jose.
Ek kon toe nie op dieselfde vlug as hy nie, want my
kaartjie sou oor die $600.00 gekos het. Dit is hopeloos te duur vir ons so ons gaan toe in by die internet en boek daar
vir my `n kaartjie. Vir baie minder natuurlik en ek vlieg toe saam met American Airlines en hy met Midway. Gelukkig
vlieg ons toe die Vrydagaand omtrent dieselfde tyd. My vlug was 6uurnm en sy vlug 6:15nm.
Soos die duiwel dit altyd wil he gaan daar toe iets fout met
die enjin van my vliegtuig en hulle weet toe nie hoe lank die fout gaan neem om te herstel nie. Baie van die mense begin
toe al van die vliegtuig af te klim, want die meeste van die mense kry `n aansluitvlug by een of ander lughawe. Ek kry
ook `n aansluitvlug by Dallas na San Jose. Dit duur toe nog `n tydjie en almal wat wou afklim is toe af en toe kondig
hulle aan dat die enjin herstel is en ons gaan nou regmaak om te vertrek. Toe is `n uur al verby en toe weet ek klaar
dat ek my aansluiting gaan verloor. Net toe ons wou opstyg breek daar `n bui reen uit en dit donderweer - so nodeloos
gese, toe moes ons wag dat dit eers weer klaar is. Uiteindelik na `n drie ure vertraging vertrek ons. Ek sukkel
om vir Johan `n boodskap te los, maar so slim soos ek is het ek vergeet om sy selnommer saam met my te neem. Toe ons
by Dallas aankom is daar vir my `n vlug geboek na San Francisco, want geen aansluitgingvlug gaan toe meer na San Jose nie.
Die man daar, het toe vir San Jose gebel en `n boodskap vir johan gelos dat ek oppad is na San Francisco. Ek het
maar net gebid dat Johan sou weet wat gebeur het as hy vir my wag en ek daag nie op nie, want op die lughawe sou ek regtig
nie wou slaap nie!!!
Intussen was sy vlug ook laat en net betyds het hy toe uitgevind
dat hy my moet gaan haal by San Francisco. Gelukkig is die twee plekke so 45min. uitmekaar. Toe ek daar afklim
die oggend 1uur was ek so bly om hom op die lughawe te sien. Toe moes ons nog die hotel gaan soek. Ek is moeg
en hy is moeg, maar toe ons eers in die motor is en ek sien hoe baie San Francisco my laat dink aan die Kaap is al die moeg
daarmee heen. Julle sal dit nie glo nie, maar op verskillende plekke lyk dit werklik netsoos Kaapstad. (Half-geboude
brue en al) Eers drie uur die oggend by ons hotel aangekom en toe gaan slaap. Die volgende oggend vroeg wakker en klaar
gemaak en toe die “trolley”(dit is hoe hulle `n tram noem) geneem en toe gaan ons na Fisherman's Wharf.

Eers voordat ons die trolley gekry het het ons so baie
boemelaars gesien. Netsoos op die flieks met die winkeltrollie vol goed en party se hond le ook sommer op die goed in
die trollie. Mens sien nie hier by ons in Cary boemelaars nie, so dit was toe vir ons weer iets heel nuuts.
Boemelaar en hond met brille.
Toe by Fisherman's Wharf aangekom(dit laat my weer aan die
Waterfront dink) en eers lekker gaan ontbyt eet. In die hotel is die ontbyt so duur dat mens dit maar nie daar wil eet
nie. Ook het hul vlotte vir die seeleeus om daar in die son te le en bak, terwyl al die mense vir hul dop hou.

Heerlik eiers en roosterbrood gehad en toe verder gaan
loop en al wat `n winkeltjie is bekyk. Natuurlik het ek my met die weer misgis, want hier by ons is dit so vrek warm
en daar is dit heerlik. Soms was dit nogal bietjie koud veral as mens by die hawe is. Die mooiste ornamente wat
ek in my lewe gesien het het ons daar gesien. Die goed is natuurlik peperduur. Dit is ongelooflik duur om in San
Francisco te bly. Ek dink dit is seker omdat daar so baie bekende akteurs en dinge bly. Later die middag het ons
met die trolley `n toer gehad deur die stad. Hy het vir ons Chinatown gaan wys - dit is natuurlik so vuil daar, het
ons gaan wys waar die ryk gebied is en in die omgewing bly Sharon Stone blykbaar. Die gids neem ons toe op in een van
die steil strate van die stad, die arme tram kon amper nie tot bo kom nie. As julle die fliek kyk “The Princess
Diary” dan sal julle weet wat ek bedoel. Asems opgehou, maar die tram is toe darem bo en dit is ongelooflik hoe
mooi dit van bo-af is. Weer terug na die hawe en toe sien ons `n “drag queen” die arme sielsalige ding loop
daar met sy stywe broek en pruik op die kop en grimering wat mens tien ander vroue mee kan opmaak. Dit sien mens ook
glad nie hier in Cary nie.
Die hele middag verder fotos geneem in die baai soos hieronder
met Alcatraz (waar Al Capone opgesluit was)in die agtergrond, die Oakland-San Francisco brug, asook die Golden Gate brug (embleem
van Cisco wat Johan eers vir my natuurlik moes uitle - gaap, gaap, ZZzzzzzz) en toe na 'n Blues orkes gaan luister in 'n restaurant
kroeg waar ek 'n wyntie geniet het en Johan 'n bier gedrink het - heerlik gewees - die musiek ook.
Alcatraz eiland in die agtergrond
Oakland - San Francisco brug (voor ons Hotel geneem)
Golden-Gate brug in S.F.
...en toe nog die aand gaan fliek. Die volgende oggend
weer opgestaan en gaan ontbyt eet in `n regte “diner”. Dit was ook heerlik, maar toe is ek al moeg vir eiers
en bacon, maar Johan geniet dit ter dee.
Diner regs onder op die hoek
Toe vat ons die pad en ons het oor die Golden Gate brug gery
en fotos geneem en dit opsigself is asemrowend. Daarna het ons na die Napa Valley gegaan. Dit is net bokant San
Francisco en dit is bekend vir hulle wyne. Die is regtig mooi valleie, maar dit kom natuurlik nie naby Stellenbosch,
Paarl, Wellington se prag nie. Later die middag deur gery na San Jose en toe het Johan vir my gaan wys waar
die kantore van Cisco is. Dit is kantoor op kantoor. Een van die strate se naam is Cisco Way genoem.
San Jose is nie eintlik iets om oor huistoe te skryf
nie, want dit is maar net `n gewone stad. Ek dink nie ek sal daar wil gaan bly nie.Ek het toe die Maandagoggend teruggekom
en omtrent 11uur die aand by die huis aangekom. Johan het weer die volgende oggend om 6uur hier aangkom, maar die keer
was hy laat en het ek hom eers 7uur gaan haal.
O ja, voordat ek vergeet. Nadat ons die Maandagoggend
klaar ontbyt geeet het gaan ons toe af ondertoe, want ek moes vir die bussie wag om my na die lughawe te neem. Vra
Johan vir die vrou voor wanneer die bussie gaan kom en sy roep toe die hotel se chauffeur nader en se vir hom dat ek lughawe
toe moet gaan. Nou moet julle vir my sien, `n plaas “girl” en hier ry ek in `n limousin! Ek wil darem
toe nie vir die ou wys dat ek niks gewoond is nie en sit maar stil en hou my goed op my plek , maar toe ek eers in die lughawe
gebou is draai ek in die rondte en lag my byna dood. Kan mens nou so simpel op hierdie ouderdom wees. Johan was
lekker naat, want hy het nog nooit in `n limousine gery nie en hier ry ek lekker voor hom weg met die hengse motor.
Nou ja dit is toe die einde van een heerlike naweek. Alles
is nou weer terug na normaal en gaan dit maar nog dieselfde by die werk. Ons is net dankbaar dat Johan nog werk het
en dat die Here hom elke dag die krag gee om sy werk te doen. Hier is so baie mense wat afbetaal word in hierdie omgewing.
Hier waar ons woon verkoop die mense ook hulle huise geweldig - ons dink maar dat dit mense is wat hulle werk
verloor het. Dit is regtig hartseer en vanoggend het ds. juis ook weer gepraat oor so baie mense in ons omgewing
wat hulle werke verloor het. Ons bid maar net dat God sal help dat dit met ons goed sal gaan en veral in Johan se werk.
Ons het ook `n groot skrik gehad `n paar weke gelede, want
Oom Koos(dit is Johan-hulle se bure van Haarlemstraat in Parow) het `n hartomleiding gehad. Hulle moes drie are vervang
het en dit het nie goed met die oom gegaan nie. Ons was so onsteld aan hierdie kant en natuurlik maar eerste vir die
Here gevra om hom te genees as dit Sy Wil is. Gelukkig het die operasie goed verloop en dit gaan beter met die Oom.
Hy is nou al by die huis en sterk die oom goed aan - tannie Babs het alweer haar hande vol met oupa Tosie, so dit moet
maar net goed gaan, of hoe - dank die Here!!
Oom Koos en Tannie Babs
Bid maar vir die Oom se algehele herstel en hou maar vir Innike
ook in julle gebede asseblief - sy het hierdie week begin met 'n sterker chemoterapie. (Sien foto bo)
Ook BAIE GELUK aan Leentjie en Dirk van der Merwe van die
Paarl met hul 3 kg seuntjie wat vandag (Maandag - 3 September) gebore is. Nogal snaaks dat sy "in labour" gaan op "Labour
dag " hier in Amerika - 'n regte "Labour babatjie".
Dirk & Leentjie - hierdie foto is ouer as 9 maande (grappie, ha-ha), ons wag nou nog net vir die fotos van die kleinding
Dirk!!!!
Wel ons gaan nou eers groet. Ek sal my bes probeer om
nie weer so lank te neem om te skryf nie.
Baie groete en liefde aan almal
Ons Twee (Johan & Annecke)
24 Junie 01
Alhoewel die opskrif se weeklikse nuus, moet ons bieg en omverskoning
vra, want dit is al amper drie weke later. Na Johan se weekvakansie was alles sommer goed dol en was hy ook intussen
weg na San Jose, California, asook na Phoenix, Arizona. Laat ons eers begin toe ons terug gekom het van vakansie af.

Die dag toe ong terug gekom het het dit die namiddag sommer goed
begin reen. Afgesien van die feit dat dit al goed deur die week geree het, het die sluise werklik oopgegaan om Vrydagmiddag.
Die stroompie agter ons huis wat gewoonlik so tussen 3-30cm diep is, het basies gelyk met die walle gevloei, terwyl
water wat van die voorkant van die huis agter na toe vloei, nie goed gedreineer het nie, omdat die dreineringspyp onder die
stroompie se watervlak was gedurende storm. Met die gevolg dat water sommer goed opgedam het in die agterplaas, maar
daar was darem geen gevaar van skade nie. Die foto hieronder is vanaf die boonste verdieping geneem om 'n idee te gee
hoe die water opgedam het in 'n kwessie van 'n halfuur.
Met die stroompie so vol was ons bekommerd dat dit ook verder gaan
oorstroom en het die sake goed dopgehou gedurende die volgende uur - die foto hieronder wys hoe die stroompie gevloei het.
So vinnig soos wat die stroompie gestyg het tot die vlak hierbo,
het dit basies weer in 'n halfuur se tyd gesak na 30cm. Dit was sommer 'n goeie wolkbreuk en met die grond
wat so versadig was kon daar nie meer veel in die kleigrond ingetrek het nie.
So het ons ook besluit om voelbakkies te koop siende dat mens so
baie voeltjies hier in die agterplaas sien. Ons het sommer 'n boek ook gekoop en dit is so interessant om te leer van
die verskillende voeltjies. Soos julle op die foto kan sien is die voelbakke op die dek en in die begin het ons niks
probleme gehad met gemors wat op die dek geval het nie, maar toe die eekhorings agterkom dat daar voelbakke is takel hulle
die goed toe deur die nag.
Hulle het so gemors en al die kos gedurende die nag opgeeet.
Naderhand was hulle mak en het deur die dag kom eet en wou nie eens uit die een bak klim as mens hul jaag nie.
Toe begin Johan die bakke in die aand in die huis te bring.
Nou gaan dit darem beter en die voels is nie meer so moeilik as die eekhoring in die bak sit nie. Ons het
al seker 'n stuk of 10 verskillende soorte voels opgemerk. Ons het van rooies, bloues en geles en perses al wat 'n kleur
is kom hier eet. Ons geniet dit so om by die kombuistafel te sit en die voels dop te hou en ons geniet dit gate uit
as hulle oor die kos baklei. Die grootste bakleier is die kardinaal(bloedrooi voel). Dit is te pragtig om te sien,
want die kardinaal mannetjie spring op die voelbak en soek sy gunsteling saad uit en voer dan sy wyfie wat rustig op die dek
wag vir die kos. Dit lyk tipies asof hulle mekaar soen en dan vlieg hulle saam weg - TE PRAGTIG!!!!!
Verder het ons die ou tent teruggeneem en (volgens hulle )ook meer
waterdig tent gekoop. Ons wag nou om te kyk watter naweek vir ons gaan werk om die pad te vat berge toe om weer
te gaan kamp en hopelik sonder om weer deur die reen gepla te word.

Verlede Sondag het Johan gevlieg en was ek glad nie lus vir die
week wat voorle nie. Behalwe dat ek Johan gemis het het ek ook 'n wonderlike week gehad. Ek het Bybelklasse vir
die hele week vanaf 6uur in die aand tot 8:30 gegee. Ek het vir die voorskoolse kinders gegee en dan was daar ook "crafts"
wat hulle moes doen en musieklessies wat verskillende mense natuurlik gegee het. Ons Kerk hou dit elke jaar in die skoolvakansie,
dan is daar net 'n week lank Bybelklasse vir die kinders. Enige kind kon kom dit hoef nie net van ons Kerk te wees nie.
Ek het dit so geniet en dit was so lekker om met die kleintjies te kon werk. Elke Bybelklas aanbieder het dieselfde
stories gehad om te vertel. Ons het die eerste dag met Daniel begin toe Josef toe Jonathan toe Sagius en laaste Jesus.
Dit was so interessant om te hoor wat die kleintjies ken en hoe hulle die 10 Gebooie beskryf. Ek was so moeg aan
die einde van die aand, maar kon nie wag dat ek weer die volgende aand moes gaan nie. Vrydagaand was my laaste aand
en het ek om 8uur huistoe gekom, want ek moes Johan by die lughawe gaan haal. Die kinders was so dierbaar en het een
dogtertjie vir my 'n geskenkie gegee en vanoggend by die Kerk kom die vrou na my wat die hele week gereel het en gee vir my
nog 'n geskenkie van 'n ander dogtertjie af. Die week het vir my soveel beteken - nie net om met kinders te kon werk
nie, maar om vir die Liewe Vader iets te doen. Ek sal dit definitief weer doen as hulle my weer vra. Ek
is netso spyt dat Johan nie die week by die huis was nie, want almal wat daar gehelp het se mans was daar om die kleintjies
besig te hou gedurende die pouse. Hy sou dit so geniet het, maar ek hoop dat hy volgende jaar hier gaan wees en nie
weer weg met sy werk nie.

Gister het ons laat geslaap en later die middag gaan rondry en die
aand lekker gaan uiteet by die "Red Lobster". Ek het so baie geeet, want in die week het ek byna niks geeet nie. Kan
nie lekker eet as Johan nie by die huis is nie. Teruggekom en bietjie t.v. gekyk en toe gaan slaap. Vanoggend
Bybelklas toe en toe ons diens en toe het ons gou vinnig 'n broodjie kom eet en toe weg om weer te gaan seil. Ons het
verlede Sondag begin seil by die meer nie ver van ons af nie. Die bootjie is baie klein, maar ons geniet dit ter dee.
Die wind was vandag bietjie sterker as verlede week en het ons dit nou geniet en die grootste sports was toe ons bootjie
omval en ons albei in die water beland. . Johan was net bekommerd oor my, want ek kan mos nie swem nie. Gelukkig
het hy die bootjie weer gou omgekeer gekry en my ingehelp en toe het ons maar terug gevaar en huistoe gekom. Dit was
weereens baie lekker twee ure op die water. Gou by die huis in die stort kom spring, want toe is ons so nat soos hoenders.
Kan natuurlik nie wag vir volgende Sondag nie!!!

In verlede week het ons goeie nuus gekry vanaf my vriendin in Nederland.
Sy was swanger toe ons daar weg is en sy het die 16de Junie 'n dogtertjie. Ons het almal gedink dat dit 'n seuntjie
sou wees, en toe verras die kleine dogtertjie ons. Met die geboorte het alles goed verloop en die kleintjie is ook gesond
en pragtig. Sharon('n Suid-Afrikaanse vrou) is met 'n Hollander(Michael) getroud. Dan het ons ook baie slegte
nuus ontvang. Ons vriendin wat ons gemaak het in Nederland(Innike) het limfklierkanker. Dit was nogal vir ons
'n groot skok, want sy was nooit siek nie en was so springlewendig toe ons daar weg is. Sy het in Mei maand se vakansie
siek geword en toe vind die dokters uit dat sy kanker het. Haar man is byna twee jaar gelede oorlede aan longkanker.
Ons vra vir almal om asb. vir Innike in julle gebede op te dra dat God haar sal genees as dit natuurlik Sy wil is.
Innike Overgoor.
Ai, ons is baie gelukkig hier, maar maak nie saak waar mens mens
bevind nie, want ons verlang maar na al ons vriende en familie wat ons al deur die jare opgebou het. Ek sal ook nooit
kan vergeet hoe Innike vir ons bygestaan het met ons intrek in die huis en natuurlik was sy vir my soos nog 'n Ma toe ek soms
so alleen was en hartseer was, omdat Johan so baie weg was. Dit is vriende wat mens maak wat mens nooit sal kan vergeet
nie, maar ek dink ons vriende van Nederland is amper soos familie, want die band was so sterk en besonders en die ware sin
van Christelike broederskap/susterskap het ons werklik ervaar by die Reddingsark (Evangeliese Gemeente) in Baarn. Absoluut
iets wat ons nou ondervind is dat dit nie saakmaak waar in die Wereld mens jouself bevind nie, maar solank jy deel bly van
Christus se Liggaam-Die Kerk, jy altyd die nodige ondersteuning, hulp en somtyds net 'n skouer sal aantref.

Almal van julle wat eksamen skryf in Suid-Afrika hoop en bid ons
dat alles goed sal verloop en julle is altyd in ons gebede. BAIE STERKTE!!!!
Tot volgende keer.
Baie liefde en groete
Johan en Annecke
2 Junie 01
Kyk onder vakansie, siende dat dit 'n vakansie week was.
27 Mei 2001
Wel hierdie afgelope twee weke was maar saai en het nie veel
gedoen nie. Die weer was heerlik en het ook vir `n paar dae gereen. Die gras het die werklik nodig gehad, want
oral is donker bruin kolle soos die gras al gebrand het. Ek kan nie eens onthou of die mense hierdie week of verlede
week die t.v. kamer se gordyne kom hang het nie. My verstand word alhoe korter, seker maar die ouderdom. In elk
geval die t.v. kamer se gordyne hang en vir ons lyk dit nogal mooi. O ja, dit was die week, want toe sien die vrou wat
die gordyne hang `n merk aan die eenkant van die leerbank in die t.v. kamer. Sy wys dit toe vir my en se sy gaan sommer
die mense bel dat hulle dit moet kom regmaak. Sy ken die vrou wat die stel aan ons verkoop het. Die volgende dag
lui die vrou toe en se dat hulle vir ons sommer `n nuwe bank gaan bring. Vrydag was die nuwe bank toe afgelewer. Ek
is nogal bly, want nadat sy vir my die plek gewys het op die stel het dit my toe aanhoudend gepla.
Saterdag het ek en Johan toe vir die t.v. kamer `n skildery
gaan soek en ook een vir die eetkamer. Uiteindelik een gekry wat by die kaggel(in die t.v. kamer) pas en ook een vir
die eetkamer. Johan is nou net mooi g..vol vir skilderye en dinge soek. Ek sal maar wag voordat ek hom weer `n
Saterdag beetpak om dinge te gaan koop. Kan julle dit glo ons het nog in hierdie week `n kaartjie gekry om geluk te
wens met die swangerskap. Ek dink ek het vergeet om die vrou te laat weet, maar nou ja, ons hou die kaartjie maar ook
vir die volgende keer - daarom het ons mekaar om te deel in vreugde & hartseer.
Ons het Sondag `n lieflike dag gehad. Ons was die oggend
Kerk toe en `n asemrowende preek gehad. Ek praat meer daaroor onder Stiltetyd. Toe die Kerk klaar is vra almal
of ons ook nou na die piekniek kom. Ons het toe alweer(soos gewoonlik) vergeet dat ons ook genooi is na die piekniek.
Vinnig gou kom uittrek en `n paar hoenderstukke (gaar) en ander dinge gaan koop en toe weg vir die piekniek. Ai,
toe ons daar aankom raas almal omdat ons ook nog eetgoed daar aanbring. Toe ons al die kos sien kan ek verstaan, want
daar was kos vir die hele Amerika.
Johan se dit het hom laat dink aan die Pearly Beach Kersetes
waar daar kos vir Afrika is.
Die lekkerste slaaie, hoenders, koue vleise en natuurlik
poeding. Kyk, die Amerikaners eet niks sonder hulle soetgoed nie. Die heerlikste koeke wat ek in `n lang tyd gesien
het.

Natuulik nie soos Holland se vlaai terte en dinge nie, maar
baie soos die Suid-Afrikaanse koeke. Na die groot eet en lekker gesels besluit sewe van ons om “volley ball”
te gaan speel. Ek het in my lewe dit nog nooit gespeel nie, maar ek gaan ook probeer. Die een vrou was darem ouer
as ek, maar die ander vroutjie was seker so `n paar jaar jonger as ek. Dink julle nou ek gaan vir haar agteruit staan!!!!
Ons het so lekker gespeel en dit gate uit geniet. Ek was later byna dood, maar sal maar niks se nie en gaan net
aan. Seker `n uur en `n half later se die jonger vroutjie dat sy nou baie dors is en sy dink ons moet maar klaar maak.
Gelukkig maar, want ek dink as ek nog langer aangehou het moes die ambulans my kom optel. By die huis gekom was
ons lekker poot-uit en binne in die stort en soos dooie mense kom neerval op die bank. Johan het toe verder dinge op
die rekenaar gedoen later die middag, maar ek het net aanhoudend geslaap - daarom dat ons webtuiste bietjie laat is!!! Ek
dink ek het bietjie sonsteek opgedoen, want later die aand dood ek toe amper van `n hoofpyn en naar en is net siek. Maandag
was ek die hele dag in die bed. Ek het gedink my kop gaan bars en ek gaan dood van die naarte. Johan se toe dat
ek net aanhoudend water moet drink en maar rustig wees. Wel, Dinsdag voel ek baie beter en het toe huis skoongemaak
en winkels toe gewees, maar ek sal nie vir Johan se nie, maar my lyf is so seer van die blerrie “volley ball”
tot onder my arms voel dit asof daar treine oorgeloop het.
Ons het deur die week iets op ons dak gehoor en ons dink dat
dit rotte of muise is. Hier is werklik `n plaag van die goed en soms het hulle nogal probleme met vlermuise ook. Ek
het toe mense gebel wat kom kyk en dan stel hulle strikke en wat hulle ook nog doen om die goed uit te roei weet ek nie. Hulle
was toe hier en het die strikke gestel. Johan was ook vroeers by die huis een aand - dit is so lekker wanneer hy darem
voor donker by die huis is. Na volgende week hoop ek die nuus is meer, want Johan het vir `n week verlof. Ons
wil kyk om erens te gaan, maar sal maar sien hoe hy daaroor voel. Nou ja, tot Sondag weer.
13 Mei
Hier is ons alweer aan die einde van nog 'n week en dit was weereens
'n heerlike week. Daar het nie veel hierdie week gebeur nie net maar die normale dinge.
Ek het maar weer huiswerkies gedoen en op die internet rondgespeel
en kos gekoop ens. Donderdagmiddag was ek by Johan se werk vir middagete en het ons vir die eerste keer by sy werk saam
geeet. Die kaffeteria is groot en daar is vanaf pizzas tot burgers en nog meer om van te kies. Ons het sommer
elkeen 'n lekker broodjie kaas en ham geeet. Eintlik is die eetplek nie goed vir party van die mense nie, want daar
is so lekker vetmakende kossies, maar die manne geniet dit ter dee. Ons het so 'n uurtjie etenstyd gehad en toe is ek
maar weer weg huistoe.

Vrydagoggend moes Johan om 9uur by die hartspesialis wees vir stress
toetse. Eers het hulle 'n rustende ekg gedoen en toe later het hulle hom 12min. op die "tredmill" laat draf. Die
man was pootuit toe hy daar klaar is, maar die dr. was baie met die uitslag tevrede. Hy se Johan se hartklop is soos
'n atleet s'n, eintlik is dit die rede waarom ons huisdokter hom verwys het, want hy kon nie glo dat Johan se hartklop so
stadig is nie, omdat Johan so min oefening doen. Gelukkig is alles in orde en moet hy maar net probeer oefen en reg
eet vir sy cholesterol. Die enigste probleem met die dr. se "atleet" vergelyking, is dat Johan nou dink dat eet een van die
veldnommers is!!!!!

Ons het huistoe gekom en die man het eers lekker in die stort gevaar
en toe na 'n lekker glas lemoensap en 'n bakkie pap het ek saam met hom met die motorttjie werk toe gegaan. Ek het hom
afgelaai en toe besluit om verder die dorp in te vaar. Toe ek by die pad kom waar ek na die Sentrum moet gaan is die
pad gesluit en ek ken geen ander pad Sentrum toe nie. Toe maar omgedraai en na 'n kleiner sentrumpie gegaan en was ek
bly, want toe kry ek die mooiste blompot en fotoraampies en nog baie meer. Nou het ons darem weer blomme in die huis,
want toe ons in Holland gewoon het, het ons elke week vars blomme in die huis gehad, maar ek dink nie hier sal dit so
gereeld gebeur nie, want blomme is hier duur. Ek het $15,00 vir 'n bossie betaa - sal maar kyk of ons goedkoper
plekke kan kry. .
Die middag het ek sommer tuin begin natmaak, want Vrydag was
dit weereens kokend. Johan om 6uur by die werk gaan haal en toe het ons weereens lekker die aand gebraai.
O ja, amper vergeet ek om dit te vertel. Die mense het om
ons begin bou en die bome wat by ons kamervenster was het hulle toe afgemaak. Ons het geweet dit sou een of ander tyd
gebeur, maar het nie besef dat dit so vinnig gaan wees nie. Ek het sommer amper aan die huil gegaan en Johan dadelik
gebel en hom van die hartseer in my lewe vertel. Die man het nie eintlik veel geluister nie, want sy antwoord was "
Bok, dan kyk ons maar net deur die ander kamervenster waar daar tog nog bome is" wat 'n antwoord vir iemand wat hartseer is!!!!!!!
Saterdag het ons weer bietjie rondgery en gaan kyk vir gastekamer
meubels, want ons is oortuig daarvan dat iemand wel aan ons sal dink hier in die verre en kom kuier - ha -ha!!! Ons
het weer so baie mooi dinge gesien en toe maar besluit om nog op 'n ander dag weer te gaan rondkyk en toe maar videos uitgeneem
vir die aand. Gisteraand lekker videos gekyk en weereens na 12uur in die bed gekom.

Ons het vanoggend weer 'n lieflike diens gehad, natuurlik wat by
die dag gepas het - Moedersdag. Voordat ons Kerk toe is het ons gou die videos teruggeneem. Ons kon ons oe nie
glo nie, want naby aan die videowinkel is 'n restaurant, soveel mense het ek lanklaas voor 'n restaurant gesien wat wag vir
plek om in te gaan. Ek kon nie glo dat die mense nie plek bespreek het vir ontbyt die oggend nie. Na die diens
het ons weer daardie kant toe gery, want ons twee het toe gaan koffie drink by 'n koffie winkeltjie. Die mense staan
toe nog meer as vroeer die oggend - ongelooflik! Ek sal nooit in die kokende son so staan en verbrand nie - dan maak
ek maar ontbyt self by die huis.

Ek het hierdie week ook bietjie heimwee na die mense in Holland
gehad. Ai, ek is die Liewe Vader so dankbaar vir die vriende wat ons daar gemaak het. Mense wat vir my soveel
beteken het toe ek siek was en Johan was nie by die huis nie - mense wat ons net moed ingepraat het wanneer die verlange te
veel was na ons familie en soveel meer. Ons kan God nie genoeg dankie se vir hulle wat ons almal daar ontmoet het nie.
Dit was net te snaaks, want elke keer wanneer ek so hartseer en mismoedig was dan kom een van hulle daaraan. Ek
wil nie name noem nie, want ek is so bang dat ek iemand se naam gaan vergeet. Dit is iets wat ek nooit sal vergeet nie
en ek sal dit altyd in my hart bewaar en ek hoop eendag kan ek ook so goed doen as iemand my nodig het.
Groete & liefde
6 Mei 2001
Laat ek sien waar ek moet begin. O ja, Johan het Woensdag
gaan werk na sy paar dae wat hy by die huis was. Ek het dadelik die oggend in die huis begin vaar met 'n groot skoonmaak.
Ek het niks gedoen terwyl Johan by die huis was nie. Ek wou ook alles skoon he en gewas he, want ek het Donderdag 'n
afspraak vir my hare gemaak en wou net die hele dag met die kar rondry. So gedoen en was dit nou lekker. Die karretjie
ry regtig lekker, maar die dingetjie voel nou vir my soos 'n pop karretjie na die bakkie.
Ek geniet die parkeer slag weer so baie, want dit gebeur sommer
so maklik met die bakkie moes ek so bietjie sukkel!!!!! My hare toe Donderdag laat sny en so bietjie kleur laat insit.
Sy het toe "high lights" gedoen, maar Johan is nie so gek daaroor nie. Ek dink dit lyk nogal nie te sleg nie,
maar aan die voorkant lyk dit net vir my bietjie te veel. Ek het haar toe geskakel en sy gaan 'n "toner" Dinsdag aansit
- sal maar sien wat dan gebeur.
Na die hare sny het ek net gaan rondloop en klere en skoene bekyk
en gou winkels toe gegaan om darem kos in die huis te kry.

Vrydagogg. was ek en Johan na die dr.(ginekoloog). Ons moes
daar om 8:45vm wees, maar soos die ander keer was hy alweer laat, want hy moes hospitaal toe, want 'n vrou was besig om te
kraam. Ons is eers 10:30 by hom weg. Hy het my toe ondersoek en alles is goed. Ek moet nou volgende week
my bloed laat trek en 'n klomp toetse gaan dan gedoen word. As die toetse negatief terugkom gaan daar verdere toetse
gedoen word, maar as dit positief is gaan ek medikasie kry. Hy dink dat ek miskien onder die vrouens is wat te min van
die hormoon het om die baba te laat groei - daar is net 7% van sulke vrouens(volgens hom). Ons sal nou maar wag en sien
wat gaan gebeur. Hy wil ook nie he dat ons in die volgende twee maande swanger moet word nie. Ons bid net
daaroor dat hulle sal vind wat verkeerd is en dit sal regstel. Ek het Johan toe by die werk gaan aflaai en weereens
die pad gevat en rondgeloop.

Vrydagaand het ons lekker vleis gebraai terwyl Johan tuin nat gemaak
het. Heerlik!!!!!!!! Ons het sommer 'n paar stukkies hoender en wors gebraai en dan natuurlik die nodige slaaitjies
en al. Dit was heerlik buite, maar mens kan ook nie te laat buite bly nie, anders vreet die muskiete jou lewendig op.
Saterdagogg. geslaap tot 9:30 en was dit nou heerlik. Ek het
begin met ontbyt en Johan was lui lui hier in die kombuis. Lekker ontbyt geeet en toe het hy by die rekenaar kom sit
en ek het gaan klaarmaak om winkels toe te gaan. Ons het toe net 4 potte vir buite gaan koop met plantjies in, want
dit was ongelooflik warm buite. Weer terug in die huis soos twee vrot velle kom neerval en begin lees tot die middag
laat. Die bakkie gaan was en t.v. vir die res van die aand gekyk.
Vanoggend opgestaan en klaar gemaak vir Kerk. Ons het vandag
iets heel anders in die Kerk gedoen, want ons ds. is met verlof tot die 12de Mei toe het die ou wat altyd die sangdiens lei
vir ons die diens gehou. Dit was weer vir my 'n "eye opener", maar ons vertel verder hiervan in die "stilte tyd".
Ek het al gisteraand vir ons 'n "roast" in die "slow cooker" gesit
en toe ons van die kerk afkom stap ons in hierdie heerlike geur van vleis en aartappels en groente. Gou rys gekook en
nog groente bygemaak en 12:30 het ons heerlik aan die kos gesmul.
Die vleis was natuurlik so sag dat Johan nie eens dit kon sny nie.
Hy het maar net gemaak of hy die snywerk doen - moet darem die tradisie behou van die man wat Sondag die
boud sny!!!!
Johan het toe vir die eerste keer ook ons agterplaas se gras gesny,
want die voorste gras is sooi wat al voorheen gesny is, maar die grootste gedeelte is die agterplaas wat grassaad was wat
al goed gegroei het. Alhoewel daar nog plek-plek oop kolle is moes die gras gesny word, want dit was baie lank. Dit
het Johan ongeveer 2ure geneem om die gras voor en agter te sny, maar hy se dat dit goeie oefening is vir hom.
Ek het ook probeer help, maar so na 5min. was my arms kapot en het
ek maar die stryd gewonne gegee. Dit was natuurlik weereens 'n kokende dag buite, maar met al die water wat ons gedrink
het het dit heel goed gegaan.
Johan het al 'n paar weke gelede vir hom 'n werksbank vir die garage
gekoop, maar nooit sover gekom om dit klaar aanmekaar te sit nie. Terwyl hy hierdie week by die huis was het hy dit
een middag aanmekaar begin sit en lyk die garage sommer nou "spiff" met sy werksbank en al die "tools" en dinge wat daaraan
hang. Hy het ook hout gaan koop en dit teen die muur van die garage vas gesit en die "weed eater" en "blower" (die ding
word gebruik om blare ens. weg te waai) vas te sit aan die muur. Alles lyk nou sommer netjies in die garage en nou lyk
dit darem asof hier mense woon in die huis as die garage deur oopstaan deur die dag. Ai, Johan geniet hom gate uit hier
by die huis. Dinge wat hy nou doen wat hy vir drie jaar nie kon doen in Holland nie.!!!!
Nou eers al die nuus - tot volgende keer!!!!!
Ou Nuus - 29 April 01
... vanaf die Marais redaksie...
Hierdie week was weer 'n goeie week. Ek voel weer baie beter
na die miskraam en voel weer my ou self. Het hierdie week die huis van hoek tot kant skoongemaak, want die vorige weke
het ek nie veel gedoen nie. Ons aanvaar regtig wat gebeur het, was weereens met 'n doel, en snaaks
genoeg het ek ook hierdie week van my skoonsus(Coeleen) e-pos gekry en haar brief het my ook net weer laat besef dat God miskien
'n ander pad met ons wil loop, ons sal maar net moet wag en kyk wat en wanneer ons die antwoord gaan kry. Ons kry soveel
ondersteuning van ons familie en vriende en ons waardeer dit werklik en wys net weer die waarde van goeie vriende en familie.
Baie dankie vir almal se ondersteuning en gebedes. Ons sou dit nie kon maak sonder elke een se belangstelling
en liefde nie.

Johan se dinge by die werk het ook Maandag tot 'n einde gekom. Maandag
was al die afbetalings en was dit 'n baie moeilike dag vir hom, maar nie net vir hom nie vir almal by Cisco. Dinsdag
was dit die hele dag vergaderings en was hy skaars in sy kantoor en Woensdag dieselfde. Donderdag het dit beter gegaan
en Vrydag natuurlik was hy by die huis, want hy het paar dae verlof ingesit en begin eers komende Woensdag werk. Ek
is natuurlik in my noppies, want nou kan ons weer lekker dinge doen en rondloop en net tyd by mekaar spandeer. Ons was
Vrydag winkels toe en het die hele dag daar rondgestap en geniet. Die een sentrum hier by ons, Crabtree Valley Mall,
wat ek gaande oor is, laat my baie aan Tygervallei dink. Dit is net baie lekker om daar rond te loop en
al koop mens niks - ons kry natuurlik altyd iets om te eet ens. Johan het weer vir hom 'n nuwe rekenaarspelletjie gekoop
en Saterdagogg. is ons seker eers 2uur bed toe. Saterdag eers na 11uur opgestaan en toe klaar gemaak en ontbyt by die
waffle house gaan eet. Die plek is 'n tipiese Amerikaanse diner. Daarna het ons gaan motors kyk en drie ure later
het ons sommer vir my 'n motortjie gekoop. Ons het toe besluit op die Ford Focus. Het dit vir 'n goeie prys(of
liewers rentekoers - 0.9% - soos vir nul komma nege - oor 3 jaar) gekry en gaan haal ons juis die motortjie more. Ek
wou natuurlik die groene he en Johan het seker 100 keer vir my gevra of ek dan nie van die bloue hou nie. Uiteinde
van die saak kry ek toe my groene. Ek weet nog nie of die motor buite gaan staan nie, want die trok is so groot dat
die ding amper die hele helfte van die garage vol staan - sal maar more sien so lank lewe hoe dit gaan werk!!.

Verder het ons lang verwagte t.v. kamerstel gekom. Ons het
al begin dink die goed sal nooit meer hier uitkom nie, want ons het dit byna 3maande gelede bestel. Woensdag kry ek
toe 'n oproep van LA-Z-Boy dat hulle die goed Donderdag gaan kom aflewer. Ek was so bly en het natuulik Johan dadelik
gebel om die nuus met hom te deel. Foeitog, alles wat deur die dag gebeur laat ek hom weet, want ek kan mos nie solank
stil bly nie, moet aanhoudend dat die kake werk. Die sitkamerstel is toe uiteindelik sitkamer toe en sal ons mettertyd
'n koffietafel en degeliks vir die sitkamer moet kry. Die eetkamergordyne is toe verlede week opgesit en hoop ons dat
die t.v. kamer s'n hierdie week opgesit kan word. Ai, alles vorder so stadig, maar die afwagting is tog so lekker.



Vanoggend was ons nie Kerk toe nie, want ons het besluit om die
pad te vat see toe. Opgestaan 7.30 en die piekniekmandjie ingepak en die pad gevat. Sonder om werklik 'n
idee te he hoe lank dit sal neem tot by die see(meeste van die kaarte is in myle en was ons te lui om die omskakeling op te
soek)is ons toe rigting oos na die (outer banks). (Die pen is Raleigh en die potlood doe "Outer Banks")
Die outer banks is 'n eiland strook/stroke wat aan die kus
gelee is en is 'n bekende vakansie en visvangplek vir die mense in die omgewing. Ons het so na ongeveer 2,30 uur die
eerste brug oorgesteek...
en daarna 'n verdere twee brue oorgesteek omtot by die laaste
ry eilande uit te kom. Die roete laat mens effend dink aan die Hermanus/Gansbaai pad en het ons baie gepraat oor die
Pearly Beach vakansies. By die outer banks aangekom het ons na die naaste vuurtoring gegaan(Bodie island lighthouse)
wat wit en swart is.



Op dieselfde eiland is die eerste vlug deur die Wright broers met
hul Kitty hawk gedoen. Verder was hierdie eiland ook die seerower (Black beard) se uithang plek om skepe aan te val
wat daar verby kom. Daar is blykbaar 'n ton skepe wat hier gesink het, omdat dit so moeilik is om te navigeer tussen
die eilande en die sandbanke. Die eilande het baie "wet lands" en is daar natuulik baie wild lewe om na te kyk.
Hulle het selfs ook borde om mense te verhoed om bere te voer, maar ons het geen bere gesien nie. Na 'n lang soektog
om ons piekniekmandjie uit te pak en te kan eet en nadat ons geweier het om 17doller te betaal om in 'n kampterrein in te
gaan om te gaan eet, het ons maar by die hawetjie gaan sit en op die parkeerterrein die bakkie so getrek dat ons kon kyk hoe
die kuswag die vissermanne se bote ondersoek, soos hulle terugkom. Met die bakkie se "deksel" en die matte aan
die binnekant van die bak het ons heerlik gepiekniek en selfs bietjie skuins gele na die vreterasie.





Daarna het ons stadig maar seker na die bokant van die eiland
begin terug ry en na 'n gewik en weeg of ons daar moet oorslaap het ons maar besluit om die ongeveer 3,30 uur terug aan te
pak. Ons het baie lekker terug gery en was ons net so skuins na 9uur by die huis. Na 'n koppie koffie het ons
toe besluit om die webtuiste weer op datum te bring.
Vir die wat geinteresseerd is oor die werk kyk maar onder "by die
werk".
Dit was die nuus vir die week tot die 29ste en hoop ons om volgende
week weer verder te gaan.
Baie groete en liefde
Johan en Annecke
Ou Nuus - 20 April
Nou ja - 'n moeilike week vir ons agter die rug met baie dinge wat
gebeur het en steeds gebeur.

Daar was baie opgewondenheid toe ons so 3-4 weke gelede gehoor het
dat Annecke swanger is. Na ongeveer 6-7 jaar se probeer was hierdie die tweede keer wat Annecke swanger geraak het. Die eerste
keer was in 1999 in Holland, maar was dit 'n miskraam na ongeveer 5-6 weke. Ons was vol hoop met hierdie swangerskap , maar
het ongelukkig dieselfde gebeur hierdie keer, as in 1999. Annecke het nog bietjie seer maar behoort gou weer reg te wees en
intussen koop ek maar vir ons pizzas en Kentucky, want sy kan nie so lekker rond beweeg nie - sien alles het sy voordele (ha-ha)Ons
was beide maar hartseer en geraak (verstaanbaar), maar besef ons dat dit wel met 'n doel gebeur dat daar nie 'n miskraam sou
wees as alles in orde was nie - eintlik logies, of hoe?! Wel dit is weer tyd dat ons moet vorentoe kyk en die res in
die Here se hande los om ons ook hierdeur te lei soos Hy ons deur al ons ander uitdagings gelei het gedurende ons huwelik
(en lewe).

Annecke het 'n afspraak met die ginekoloog oor twee weke en gaan
hy dan toetse doen en probeer vas stel waarom die miskraam gebeur het. Moontlik kan hy help, maar ons het ook klaar
besluit dat ons definitief nie deur 'n lot toetse gaan nie, maar dat ons wel weer vir 'n laaste keer gaan probeer, voordat
ons finaal gaan besluit oor ander opsies, soos aanneming. (heel moontlik behoort ek die doeke-dril te mis (so dit behoort
sy voordele te he). Verder het ons ook net weer tot 'n besef gekom dat ons soveel ander gawes en seeninge geniet, dat ons
mos nie alles kan he wat mense se hart begeer nie, asook dat alles op sy eie en regte tyd sal gebeur. Ons het soveel
om nog voor dankbaar te wees, dat die miskraam werklik iets is wat ons eenvoudig maar net agter ons sit, en nou fokus op al
die gawes wat ons ontvang het en steeds ontvang. Ons is beide gesond(spek vet en gesond aan my kant), geen gebreke nie, oorgenoeg
om te eet (wat ek so dan en wan oorboord gaan),dak oor ons ons koppe, 'n wonderlike huwelik(met uitdagings en al), 'n werk("touch
wood"), en natuurlik die gawe om Christus te ken en op te vertrou. So met ander woorde - ons is so bevoorreg om al hierdie
dinge te kan geniet, dat weereens die miskraam glad nie meer so erg lyk nie!!

Ek het so twee maande terug Detroit toe gevlieg vir 'n vergadering
en aan die gesels geraak met 'n oom wat langs my gesit het. Hy werk by Northwest Airlines en was net so by die sestig,
met drie hartaanvalle, waarvan die laaste een krities was en dat hy letterlik dood was en weer teruggebring is. Om met hom
te gesels oor sy uitsig op die lewe was verskriklik interresant, maar wat ek nie sommer sal vergeet nie is die oom se ouma
wat 'n gesegde gehad het, wat hy met my gedeel het - hy se:
"... as jy en almal om jou besluit om hul probleme in die hoek neer
te sit en 'n paar tree terug neem, sal jy self die eerste een wees wat jou eie probleme weer sal wil gaan optel, nadat jy
ander se probleme (of uitdagings) sien..."
Alle geval - genoeg "gemopper" soos die Nederlanders se. Ons
eetkamer gordyne het die week gekom en het Annecke sommer die dame opgekommandeer om die kombuis gordyntjies(wat sommer in
die winkel gekoop is) vir ons ook op te sit - verniet!! Dit lyk baie mooi vir ons en behoort die sitkamer gordyne volgende
week te kom.
Het ook laas naweek 'n grassnyer en trimmer gekoop, want dit het
soos 'n oerwoud hier om die huis gelyk. Gras is toe netjies gesny (voor), maar agter het ek laat staan want dit is saai gras
(voor is sooi gras) en die saai gras is maar eil en wil ek nie nou al met die grassnyer agter inspring nie - agter is ook
die grootste perk en dink ek nie ek is al fiks genoeg om voor en agter aanmekaar te sny nie - sal wel, eendag as ek groot
is.
Dan die weer - ongelooflik. Dit was laas naweek so by die
30 grade, terwyl dit toe Dinsdag bietjie gesneeu het en weer Donderdag so by die 25 grade gedraai het. Baie snaaks. Verder
was alles hier in 'n groen stof gedek, want dit is lente (met sneeu en al) en die dennebome stuifmeel is soos fyn skuurpapier
stof wat op alles gaan sit - die bakkie was gras groen van by die werk staan. Dit lyk asof dit so 3 weke duur en die ergste
is nou oor en behoort ons weer te kan begin vensters oop maak.
Die dae by die werk is 'n uitdaging opsigself en is daar 'n aparte
blad (sien bo) vir "by die werk". Daar praat ek net oor die dinge by die werk en dan is daar ook ons eie "geestelike
hoekie" waar ons maar net ons geestelike ervarings wil deel vir die wat belangstel. Laat maar weet of daar enige ander inligting
is wat ons op die webtuiste kan plaas.
Baie groete en liefde
Annecke en Johan
NB - hieronder is 'n paar fotos