Omtrent onsself
Ons (Johan, Annecke & Francois) woon
tans in Cary ('n dorp naby Raleigh-Durham) in Noord Carolina, VSA met die naaste lughawe so 15 minute se ry van ons af:
http://www.rdu.com/
Francois is aan ons besorg einde Julie 2003, deur die Vader
se genade.
Ons het op 5 Januarie 2001 hervestig vanaf Nederland, waar
ons vir drie jaar gewoon het. Ons het in Baarn gewoon, 'n klein dorpie in die middel van Nederland, naby Utrecht en
Hilversum:
Voordat ons Nederland toe getrek het, het ons vir 5 jaar
in Pretoria gewoon en voor dit, as getroue WP ondersteuners (nog steeds) in die mooiste Kaap gebly.
Annecke het groot geword in Malmesbury, Klipheuwel
, Durbanville & Kraaifontein. Johan het in Parow groot geword en later was hy in Bonnievale, waar
hy sy hoerskool klaargemaak het.
Deesdae gaan dit maar om werk, die nodige geldjies te
verdien en dan dit weer te spandeer wanneer ons in Suid Afrika gaan kuier.