Enkele gegewens oor die voorganger in die erediens.
Dr. Samuel (Sam) Golden het sy taal-en teologiese
studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi.
Hy was vir ‘n periode van 12 jaar lank predikant
van drie verskillende gemeentes. Nadat hy sy Doktorale studie in die Teologie
aan die Universiteit van Utrecht in Nederland afgehandel het, het hy sy Ph.D. aan die Universiteit van Pretoria
behaal.
Dr. Golden het ook wye ervaring in die dosering
van Bybelkunde en Teologie.
Hy is later in sy loopbaan gevra om tot die openbare
lewe toe te tree. Hy was ook Suid-Afrika se ambassadeur in Griekeland en Duitsland.
Hy en sy vrou, Jeanne, het vir twee jaar lank in Dallas en Houston in Texas gewoon en woon vir die afgelope jaar en ‘n half in North Carolina,
eers in Cary en nou in Raleigh.
Hulle het twee seuns in Suid-Afrika en hulle dogter,
Ronel, en kleinseun, Danto is op die oomblik in Raleigh by
hulle.