Almal is verwelkom met 'n koppie boeretroos en het ons eers bietjie mekaar leer ken voor die diens. Kinders het
die ruim spasie benut om lekker rond te hardloop en mekaar leer ken.




Voor die diens begin, is Minel, Heinrich, Nicole, Ralph, Danto & Francois na die speelkamer en het hul, hulself terdee
geniet...


Nadat almal hul tuis gemaak het, het ons heerlik saam gesing. Ons het later die aand verneem dat die Suid Afrikaners
so lekker gesing het dat ander aktiwiteite tot stilstand gekom het in die kerk om te hoor hoe ons gesing het - als tot eer
van Sy naam! Daarna skriflesing, gebed en die boodskap wat Dr Sam Golden gebring het:
Skriflesing:
Ou Testament
Psalm 89: 2 en 3
en 27 – 30
Skriflesing: Nuwe Testament
Johannes 10: 25 –
30
TEKS VIR DIE OORDENKING:
Mattheus 6:9 “……Ons Vader in die hemel.”
En soos Sam gese het: "... ons Vader is in alle ruimtes - maak nie saak waar ons onsself bevind nie, sy Vaderliefde kan
ons oral ervaar"...
Na afloop van die diens het die dames die rys en bobotie wat deur Annecke en Rita voorberei is, opdedien
en het ons heerlik gesmul aan hierdie Kaapse dis. Met vars brood en KOO se waatlemoen konfyt.
So kon ons lekker oor die diens gesels en mekaar verder leer ken.






|