Welkom by ons Webwerf!
Kom saam om ons Heer te dien in Afrikaans met lofsang, gebed en prediking!!!
Op 1 Februarie het ons goedkeuring gekry by Westwood Baptiste Kerk om hul Kerksaal te gebruik vir die eerste "Aanbid
in Afrikaans" bymekaarkom hier in die "Triangle" (Noord Carolina, VSA).
Een maal per maand wil ons bymekaarkom as medegelowiges en Suid Afrikaners.
Die tweede "Aanbid in Afrikaans" was op 15 April 2007 gehou en het Sam weereens 'n pragtige boodskap gelewer. Besoekers uit Suid-Afrika
het kom inloer (die Marais' uit die Kaap), asook Deonni van der Bergh as nuwe besoeker. En natuurlik was Annecke
se lasagne en slaai uit die boeke. Ons dank die Vader vir die voorreg om Sy Woord in Afrikaans te kan hoor.
13 Mei se byeenkoms was gekanselleer en gedurende Junie is Sam op reis na Europa en Suid Afrika.
Daar is 'n moontlikheid dat ons 'n besoeker-predikant vanaf Pretoria mag kry vir
die Junie byeenkoms. Ons sal almal op hoogte hou en bevestig, indien dit realiseer.
Sam is weer terug in Julie en is die volgende datums bevestig:
- 15 Julie 2007
- 12 Augustus 2007