In en om die huis
Ons woon in 'n baie mooi gedeelte (alhowel die hele streek
mooi groen en bebos is), ongeveer 8 minute se ry van die werk af. Ons geniet baie natuurskoon hier en het ons al vanaf bokke,
hase, eekhorintjies en 'n wasbeertjie(sien foto hieronder) in ons agtertuin gehad. Ons geniet dit terdee om na die voels te
luister en so nou en dan sal 'n houtkapper voeltjioe sy bek kom skerpmaak teen die geut by ons kamervenster - natuurlik is
sy gunsteling tyd ongeveer 07:15 - 07:30 op 'n Saterdag ;-(