Welkom by die Marais'

Stiltetyd

Tuisblad
Omtrent ons
Maandelikse Nuus
Ons Laaste Vakansie
Kerk in Afrikaans(Hier in Cary, NC)
Bonnievale Skool Reunnie - November 2006
Argiewe
Ons Stiltetyd Hoekie

Stiltetyd - Desember 2002

Hier is 'n pragtige stukkie vir kersfees wat ek net so "copy" vir almal om te lees.

1 CORINTHIANS 13 FOR CHRISTMAS

If I speak in the tongues of Christmas materialism and greed but have not love, I am only a tinny Christmas song or an out of tune choir.

If I have the gift of knowing what Aunt Agatha will give me this year and can even understand last year's present, and if I have the faith that I won't get yet more socks and ties this year but have not love, I am nothing.

If I clear out the house and give everything to charity and my credit cards are snapped in half but have not love, what can I possibly gain?

Love is patient when the fourth store you've tried doesn't have a bottle garden.
Love is kind and lets the couple with only a few items go in front of you and your bulging shopping cart.
Love does not envy your friend who gets mega-presents from everybody.
Love does not boast about the £400 bike, the PlayStation 2, the TV, VCR, and computer your dad gave you.
Love does not attempt to out buy, out wrap, and out give the rest of the family just to impress.
Love doesn't cut Aunt Flo off your Christmas card list because she forgot you last year.
Love is not self-seeking and leaves a copy of your Christmas list in every room of the house.
Love is not easily angered when the young girl at the checkout takes forever because she is just temporary staff.
Love doesn't keep remembering how many times your mum forgets you don't like Brussels sprouts.
Love does not delight in the commercial bandwagon but rejoices with the truth of a baby born in the stable.
Love always protects the family from Christmas hype.
Love always trusts that the hiding places for presents will remain secret for another year.
Love always hopes that this year more neighbours will drop in to your open house coffee morning.
Love always perseveres until the cards are written, the presents all bought, the shopping done, and the Christmas cake iced.

Toys may break, socks wear thin but love never fails.

Where there is the feeling of the presents to guess their contents, and mum going on about being good so Father Christmas will come, and searching through the cupboards to find your hidden presents, they will all stop.

For we think we know what we are getting, and we hope we know what we are getting but when Christmas Day arrives all will be revealed.

When I was a child I talked with big wide-open eyes about Christmas, thought that Christmas was all about me, I reasoned that Jesus should have been born more often. When I became an adult, I forgot the joy, wonder, and excitement of this special time.

Now we just hear about the angels, shepherds, and wise men, then we shall see them all the time. Now I know as much as the Bible says about the first Christmas, then I shall know just how many wise men there were and where they came from.

Now three things remain to be done:
To have faith that the baby born in a stable is the Son of God.
To hope that the true message of Christmas will not get discarded with the wrapping paper and unwanted gifts.
And the most important to have a love for others like the one that God has for us.

Copyright 2001 Claire Jordan (caleb@eurobell.co.uk). Permission is granted to send this to others, but not for commercial purposes.


'n Baie geseende Kersfees en Voorspoedige nuwe jaar vir almal - Gods rykste seen en Christus vrede vir almal.

Annecke

________________________________


1 November
Hallo julle

Ons is nou klaar met Josua en het ons begin met Rigters.  Ek geniet my klasse en ek leer so baie van die vroue in my klas.  Ons "teaching Director" die vrou wat vir ons elke Maandag klas gee, is 'n pragtige mens en geniet haar opleiding onsettend baie.  Hierdie Bybelklasse beteken vir my so baie en om die boeke van die Bybel so intens te bestudeer is vir my op hierdie stadium so belangrik, want ek leer so baie dinge wat mens nie eens geweet het nie.

Ek gaan hierdie vir julle oortik, want ek het dit per ongeluk gedelete.  Iemand van my klas het dit vir my gestuur  dit is so waar en daarom wil ek dit net met julle almal deel.

I'm having a party at my father's house and you all are invited!

As for me and my house, we will serve the Lord

DIRECTIONS TO OUR FATHER'S HOUSE
Make a Right onto "Believeth Blvd." Keep straight and go through the
Green
Light, which is Jesus Christ
From there, you must turn onto the "Bridge of Faith, which is
over troubled water.  When you get off the bridge, make a Right turn and
Keep straight.
You are on the "Kings Highway" -
Heaven-bound
Keep going for three miles
One for  the Father, One for the Son,, and One for the Holy Ghost.

Then exit off onto "Grace Blvd"
From there, make a Right turn on "Gospel Lane"
Keep Straight and then make another Right on "Prayer Road"
As you go on your way, Yield Not to the traffic on  "Temptation Ave".
Also avoid SIN STREET because it is a DEAD END.
Pass up "Envy Drive," and "Hate Avenue"
Also, pass "Hypocristy Street," "Gossiping Lane," and Backbiting Blvd.
However, you have to go down "Long-suffering Lane"
"Persecution Blvd," and "Trials and Tribulations Ave"
But that's all right, because VICTORY Street is straight ahead!
AMEN!!!!!!!

Baie dankie dat ek dit met julle kon deel.  Ons is baie lief vir julle almal en verlang ons dood na al ons familie en bekendes.  

Baie liefde
Johan en Annecke



24 Augustus 2002

Hallo julle

Ek is nou besig om die boek Josua te behandel.  Dit is ook ons eerste boek wat ons gaan doen in die CBS KLASSE.  Ek het juis Maandag(26 Aug.) my eerste opleiding vanaf 9uur die oggend tot drie uur die middag en die Woensdag vanaf 9uur tot 1uur die middag.  Daarna elke Maandag vir die volgende 8maande.  Ek begin die 11de September met die aanbieding van die klas.  Ek is bang, opgewonde en ongelooflik bang, maar het net weer gister besef dat God by my sal wees en ek hoef vir niks bang te wees nie.  

Ek het gister terwyl ek met my voorbereiding besig was so skaam gekry dat mens partykeer so kleingelowig kan wees.  Veral die stuk oor hoe Josua God vertrou het en geweet het dat God by hom sal wees - partykeer bid ek oor iets, maar die volgende dag bekommer ek my alweer oor dieselfde ding waaroor ek gebid het of ek dink dat God dit nie sal laat gebeur wat ek ookal vir Hom gevra het nie.  Ai, as ons as mense net kan leer dat God vir ons soveel keer belowe het dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie en dat Hy altyd by ons is.  Ek weet ek werk hard daaraan, want weereens is dit bewys dat God ons gebede beantwoord.  Ons het nou net 'n e-pos van Derick ontvang(Derick is Johan se neef) hy het sy werk verloor toe Saambou bankrot verklaar is en sy vroutjie(Anja) is nou 8 maande swanger met hulle eerste baba.  Hy het darem 'n verlengde tyd gekry om by Saambou tot die einde Desember aan te bly, maar Anja het ook haar werk verloor by Saambou.  Ons het almal so hard gebid dat Derick weer werk gaan kry en nou die oggend toe bid ons dat as dit God se wil is dat hy werk kry voordat hulle seuntjie gebore is.  Werklik waar - Derick het werk gekry by die African Bank en hy kry baie meer betaling by hulle as wat hy by Saambou gekry het.  Is dit nie wonderlik nie, is God nie asemrowend nie?  'n Maand voordat Dean gebore word gebeur hierdie wonderlike nuus.  Ai, mens kan darem so bekommerd wees oor niks.  Kyk, vir my vat dit nie veel om bekommerd te raak nie - my senuwees was al op om te dink dat Anja moet kraam met die bekommernis dat haar man nie werk gaan he oor 'n paar maande nie.  Dankie Vader dat U na ons gebede luister en vir ons gee wat ons die nodigste het.

Ek wil net vir almal vra om vir my in julle gebede te hou asb.  Ek begin die 11de Sept. my Bybelklasse aanbied by CBS.  Ek sal vanaf die 11de Sept. vir die volgende 8maande elke woensdag klasse aanbied.  Dink aan my en bid vir my dat ek sal verstaan wat God wil he ek moet doen en dat ek ander mense se opinies insien hoe hulle sekere dinge van die Bybel verstaan.  Johan se ek kan tog te maklik wys as ek nie saam met iemand stem nie.  

Baie mooi week vir julle en ons verlang na elke een.

Groete en baie liefde vir julle




1 Julie 2002
Ons is nou besig met Moses in die Sondagskool by die Kerk, maar ek wil nie hieroor hierdie maand praat nie.  Ek wil bietjie oor myself praat, want die afgelope maande was dit 'n moeilike paar maande vir my gewees.  

Nadat ons terug uit S.A. gekom het was dit vir my onsettend moeilik gewees.  Nie net omdat ons weer terug in Amerika weg van ons vriende en familie is nie, maar omdat ons nou moet begin om die portefeulje van onsself te maak vir die aanneming van ons baba.  Iets het gebeur met my, wat ek nie kan verklaar nie - elke keer wanneer ek gaan sit met die fotos en die album om te begin het my keel toegetrek en was ek so hartseer en in twee stryd - weet nie wat ek wou he nie.  Ek was naderhand so uitgeput en het nie geweet wat al die gemengde gevoelens was wat ek gevoel het nie.  Ek wil so graag 'n baba he, maar watse bang is dit wat ek voel?  Dit het so erg geraak, die spanning, dat ek angsaanvalle begin kry het deur die dag en wanneer ek bestuur het was ek hopeloos op die pad.  My reaksies was stadig en het al  begin sweet wanneer ek in die motor klim totdat ek weer by die huis aankom.  Koue sweet en my binneste en hande het so gebewe dat ek naderhand te bang was om te bestuur.  Deur die nag het ek nagmerries gehad oor ons baba - hoe ek die kind laat val en nog klomp ander dinge.  Wel eendag toe kom my vriendin, Daleen, by my aan en se hoekom ek so sleg lyk en ons twee is toe dr. toe.  Johan was toe natuurlik in Europa toe dit nou weer gebeur het.  Om 'n lang storie kort te maak vra die dr. toe vir my alle vrae en sy weet natuurlik van ons baba storie en al die dinge.  Ek het toe 'n chemikaliese wanbalans en dit kom deur spanning.  Wel ek drink nou pille, Zoloft, en ek weet nie vir hoe lank ek die pille moet drink nie, maar al wat ek weet ek moet dit aanhou drink wanneer ek weer swanger word.   

Ek het toe die fout agtergekom waarom ek so bang was vir die aanneming en dit was die storie dat die biologiese moeder die baba kan terugneem na die twee maande wat ons al ons baba het.  Ek kon dit net nie insien en verstaan nie en het net gedink aan die verskriklike pyn wat ek sal he as hulle my baba moet terugneem na twee maande.  Ek is nou al meer as 'n maand op Zoloft en gaan dit fantasties.  Ek is weer amper my self en kan weer helder dink en besef net hoe goed God eintlik vir my is.  Hy sal mos nooit iets met my laat gebeur wat ek nie kan hanteer nie.  Dit het vir my maande nou weer geneem om dit te besef.  Dit is darem so 'n jammerte dat ons as Christene soms so kan afdwaal, of moet ek liewer se ek as Christen.  
Weereens het God vir ons 'n nuwe deur laat oopgaan.  Ons het mense in die Kerk leer ken, dieselfde ouderdom as ons, en hulle kan ook nie swanger word nie.  Haar probleem is dieselfde as myne -  verloor die baba net voordat sy 7weke is.  Wel, hulle het dit begin aanvaar dat hulle nie sal swanger word nie en het ook aan aanneming begin dink.  Toe kry sy die dr. se naam by Duke Universiteit Hospitaal.  Dit is blykbaar een van die beste infertiliteitsklinieke in North Carlonina.  Wel verlede Sondag het Anita vir my 'n koevert in die hand gestop en gese dat sy wil he ons na die kliniek moet gaan.  Die aand by die huis kry ek toe 'n oproep van haar en vertel sy my dat sy nou al 9 weke swanger is.  Sy wil nog vir niemand vertel daarvan nie, want hulle weet nie of sy die baba gaan behou nie, maar sy wil vir my vertel.
 Hulle het toetse op haar bloed gedoen en die fout daar gekry.  Sy het pille gekry en binne 4maande het sy swanger geword.  Ek se nie dat dit met my en Johan gaan gebeur nie, maar ek glo net met alles wat gebeur is daar 'n doel.  Ek glo dat God in Anita se hart gekom het en vir haar gese het om vir ons daarheen te stuur.  Ons was nou glad nie van plan om ooit meer na enige ander drs. te gaan nie, maar ek voel in my hart moet ons nog hierdie laaste keer probeer.  Ek weet ook dat ek nou baie sterker is vir enige negatiewe nuus wat ons miskien mag kry.  As dit dan ook so moet gebeur dat ons nie 'n baba vir een of ander rede kan aanneem nie weet ek dat dit God se manier is om vir ons te vertel dat dit nie vir ons bedoel is nie.  Ek gaan vandag 'n afspraak maak by die kliniek en hoor wanneer hulle vir ons kan sien.  Sal almal asb. bid dat hulle ons kan help met wat ookal die probleem is.  Ek wil ook he dat julle moet bid as dit God se wil is dat ons kan swanger kan word, want ek wil niks laat gebeur teen Sy wil nie.  

Ek het ook in verlede week 'n ongelooflike lelike uitslag in my gesig gekry.  Dit is so erg dat my huisdr. my dadelik verwys het na 'n dermatoloog.  Wel, die fotos wat geneem is is niks in vergelyking hoe ek Maandagoggend en selfs tot gisteroggend gelyk het nie.  My gesig was seker drie keer my eie gesig geswel en dit het behoorlik gelyk asof iemand my met warm water in die gesig gegooi het.  Ek drink nou pille en van vanoggend af lyk dit weer baie beter.  Die swelling is nog nie naastenby weg nie, maar die rooiheid is al baie beter.  Die dermatoloog weet nie wat die allergie veroorsaak het nie.  Iets wat ek in die tuin gedoen het of skoonmaakmiddels wat ek in die huis gebruik het.  Ek het toe weer so moedeloos geword as ek in die spieel kyk en sien hoe ek lyk, dat ek myself nie eers erken het nie.
 Gewonder waarom dit nou weer met my moes gebeur het, want ek probeer dan altyd so mooi my vel oppas ens.  Toe laat God weer die volgende mense in my gedagte kom, Innike van Nederland wat so siek is, T. Anna(Ma Anna se skoonsuster), Tannie Helena wat die verskriklike chemo ondergaan het, 'n seuntjie van 9jaar oud in ons Kerk wat onsettend siek is. ens.  Daar staan ek met 'n skaam gesig en nogal een wat ek nie ken in die spieel nie.  
Here hoe gelukkig is ek dat ek nog my gesondheid het en my man en dat hy sy gesondheid het.  Die vriende wat ons al hier gemaak het ons familie in S.A. en ons pragtige vriende in S.A & Nederland.  Is dit dan nie genoeg vir 'n mens om sommer beter te begin voel nie.  Die brand en pyn wat ek vir 5dae nou al in my gesig het is nie naastenby so erg as al die ander se siekte en pyn wat hulle verduur het nie.  Weereens het ek gefaal en was ek net weer selfsugtig en bietjie vergeet van die groter ellende rondom my.  Gelukkig het ons die Heilige Gees wat daar vir ons is en wat ons so bietjie weer op die regte pad hou.  Ek glo en vertrou dat die Here my gesig weer gou sal regmaak en ek bid dat Hy elke dag met hulle gaan wees wat pyn het en bekommernisse oor hulle siektes.  Ons dink en bid vir almal in die familie wat siek is en natuurlik vir Innike Overgoor.  Almal van julle is in ons gebedes en ons is lief vir elke een van julle.  

Ek hoop nie dat ek julle verveel het met my gedagtes en probleme nie, maar soms is dit net makliker om dinge op papier te kry as om daaroor te praat.  Lekker naweek vir almal en baie liefde van die Marais' af.  


______________________________




1 Mei 2002
Ons is nog steeds by CBS op Woensdagoggende besig met Romeine.  Dit is interessant en dit is vir my 'n openbaring om al die dinge te hoor wat die ander vroue dink.  Onthou nou dat almal nie van die Baptiste gemeente is nie, ons het Katolieke, Grieke ens.  
Daar is nogal iets wat ek nie weet of dit reg is en of ek die Bybel nie goed genoeg ken nie, maar ons het nou die dag gepraat oor of jy alles mag eet of nie.  Nou ons weet dat alles rein is wat God geskape het, maar wat party vroue toe se as jou buurman 'n probleem het dat jy sjokolades eet, want hy mag dit nie eet nie dan sondig mens eintlik.  Ek voel weer dat as ek weet iemand is 'n alkoholis en ek gaan koop drank en gee dit vir die persoon dan sondig ek.  Die een ding het ook opgekom dat as ek en 'n vriending gaan "shopping" doen en ek kan myself beheer om nie onnodige dinge te koop nie, maar sy kan nie dan het ek blykbaar gesondig, want ek het haar winkels toe geneem.  Ek weet nie of ek hiermee kan saam stem nie, want dan sal mens nooit uit die huis uit kan gaan nie en die heletyd in die huis wees, want dan sondig ons almal.

Ons Bybelstudie maak juis die 8ste Mei klaar dan is ons klaar vir die hele jaar daarmee.  Ons begin dan weer volgende jaar Feb. daarmee.  Dit gaan nogal 'n vermis wees, want mens deel nog baie dinge so saam met die vroue.  

Ons bybelklasse na Kerk elke Sondagoggend is nou regtig heerlik.  Ons is nou nie meer by dieselfde groep waar ons was nie ons is nou saam met ouer mense in die groep.  Ons geniet dit verskriklik en natuurlik om die ou mense te hoor en wat hulle dink en alles wat ons daar van hulle kan leer is puik.  Ons is nou besig met die briewe wat Paulus aan die ander gemeentes geskryf het en hoe mens teenoor ander mense moet optree, nie net teenoor christene nie, maar ook teenoor hulle wat nie glo nie.  Ons deel in groepies en praat saam en gee voorbeelde en geniet dit werklik.  Ek het net weer Sondag ondervind hoe ons as mense so maklik terugval in wat die Bybel ons leer, omdat ons te bang is ons maak iemand anders seer of ons kom in die moeilikheid by die werk omdat ons mense aanpraat wat vloek ens.  Elke keer verloen ons God ons as mens sulke dinge laat verbygaan en dit maar los en hoop dat daar iemand anders is wat daaroor sal praat.  

Die vraag was,  wat sal ons doen as iemand aanhoudend vuil taal gebruik in die werk - sal ons vir die persoon se ons hou nie daarvan nie of sal ons dit net so los!  Natuurlik was daar baie antwoorde, soos bv - ek sal stilbly en die deur miskien elke keer toemaak sodat hulle kan agterkom dat ek nie daarvan hou nie.  Die ander alternatief - sal nie saam met hulle vloek nie en deur my lewenswyse vir hulle wys hoe 'n christen moet leef.  Dan die ander antwoord, sal vir hulle se dat ek 'n christen is en dat ek nie daarvan hou as iemand so vloek nie en of hulle dit nie weer sal doen nie.  Watter van die antwoorde was reg?  Daarmee het almal probleme gehad, want dit is jou werk en mens wil nie afbetaal word deurdat mens jou christelike plig doen nie, want miskien is die persoon jou baas.  Dit het my laat dink en ek dink so verloen ons, ek natuurlik , God elke dag.  Deur te bangwil wees  wat ander mense van my gaan dink of wat gaan met my loopbaan gebeur as ek weet iemand doen iets verkeerds, maar ek bly maar stil en sien dit maar oor, want ek wil net nie my werk verloor nie.  Dit is so 'n moeilike besluit, maar ek dink dat God juis wil he ons moet praat en kwaad word vir prostitute, mense wat onnodig doodmaak, verkragters, derde persone in die huwelik ens.  Dan natuurlik die saak van homoseksuele ens. ons almal weet dit is verkeerd, maar dit word verdra, want mens wil tog nie die persoon seermaak nie, maar intussen verloen ons God, want ons sit saam met hulle en eet en praat saam asof daar niks mee verkeerd is nie.  Is ek nou te erg met my voorbeelde of nie?  
Ek dink dit is maar iets wat ek nog lank moet oorbid en in my stilligheid hoor wat verkeerd of reg is.

Tot 'n volgende keer  










16 Februarie 2002
Ek behoort mos nou aan die CBS Bybelstudiegroep hier in Cary.  Dit word hierdie jaar by ons Kerk gehou, elke jaar word dit by 'n ander Kerk gehou.  Christene van alle Kerke is by die studie en hulle wil nie eintlik he dat mens oor jou geloof of oor jou Kerk moet praat nie.  Natuurlik as mens in jou eie groepie is en mens leer mekaar al beter ken, maar as ons almal bymekaar is word daar maar niks daaroor gepraat nie.

Ons doen hierdie jaar Romeine.  Dit is my eerste Bybelstudie wat ek doen saam met vroue en ek geniet dit ter dee.  Nie net om Bybelstudie te doen nie, maar om ander Christene se opinies te hoor en te hoor hoe hulle oor sekere dinge voel.  Wat natuurlik vir my so wonderlik is dat almal respekteer mekaar maak nie saak in watter geloof jy is nie en respekteer mekaar se opinies.  Dit maak dit soveel makliker om  mens se eie opinie te lig en te se wat jy dink.  Ek het ook net weer besef dat al gaan dit soms hoe sleg met 'n mens God sal ons nooit verlaat nie.  Net vertrou en bid en glo en ek dink die glo en vertrou saak is die moeilikste soms.  Hoeveel keer se ek nie dat ek weet God beskik self nie, want niemand ken my beter as Hy nie, maar mens bly mens en voor ek my kom kry wil ek tog so graag vir God vertel wat ek dink ek nodig het en hoe ek dit wil he.  Gelukkig het ons 'n God wat vergewensgesind is en kan ek maar net weer elke keer van vooraf begin.  

Ons het ook die ander dag gepraat oor die gebeure van die 11de September en die gebede wat opgegaan het vir die mense wat oorlede is en hul naasbestaandes, maar toe se een van die vroue wie het gedink daaraan om vir hulle te bid wat vir die ramp verantwoordelik was.  Dit is so waar al het hulle hierdie verskriklike ding gedoen wie is ek om klippe te gooi en vinger te wys.  Mense ek vind maar net elke dag weer uit dat dit nie maklik is om 'n Christen te wees nie.  

Nou toe ek op die vliegtuig was was en nie eenkeer bang gewees nie.  Dit is so asof God my kalm gemaak het, want 'n week voordat ek moes vlieg was ek bietjie skrikkerig, maar die moment toe ek op die vliegtuig stap was ek so kalm en het net gebid dat God ons almal veilig anderkant moet lei.  Net gou ietsie deel.  Dit klink miskien so kleins, maar soms dink ek ek glo regtig netsoos 'n kind ek wil nie groot verklarings vir dinge he nie, want ek weet net dat God my liefhet en dat Jesus vir my sonde gesterf het en ek glo aan die ewige lewe en ek weet God gee vir my en my man wat ons nodig het en niks meer nie.  In elk geval.  Ek het so hard gebid met die terugkom slag, want my vlug was laat vanaf Milaan na Amsterdam en ons was bang dat ek my vlug na Philadelphia gaan verpas.  Wel, in  die vliegtuig het ek net gebid dat God asb. my koffer dadelik sal laat uitkom by die bagasie en dat ek so vinnig moontlik weer die plek sal kry waar ek moet gaan in check vir my vlug na Philadelphia.  Wel, toe ek by die bagasieband aankom, was die tweede persoon, want toe was ons bagasie nog nie op die band nie, wel hier kom my koffer heel eerste uit, wat is die kans!!!!  Dadelik my koffer opgetel en weereens was daar dadelik iemand wat my kon help om te se waarheen ek moes gaan.  Dit laat ek my mos nie vertel is geluk nie, nee wat, dit was die Hand van Bo.  
God's rykste seen aan almal.









Oktober
Ons het vanoggend oor Sara (van Abraham) gepraat.  Net weer mens laat dink dat ons nie moet moed opgee nie, want dalk eendag het God 'n plan vir ons met 'n klein Maraistjie.  So deur die les buk ek na Johan en se miskien word ek swanger as ek 65 is.  Dink nie ek sal dit kan doen as ek so oud soos Sara was nie, of hoe?

Ons het ook lank gebid oor ons Kerk hier en omdat ons klein gedoop
is moet ons ons eers weer laat doop voordat ons 'n lid by hulle kan word.  Dit het vir ons 'n tydjie geneem om hierdie besluit te doen en vanoggend het ons dit gedoen.  Ons is eers aanvaar deur die gemeente vanoggend as Lid en ek weet nie wanneer presies die doop sal wees nie.  Die mense is so dierbaar en ons voel regtig baie tuis in die Kerk.  Dominee het ook weer vanoggend so mooi gepraat oor wereldse dinge.  Dat mens nie net moet werk om alhoe meer bymekaar te maak nie, maar dat ons hier is om mekaar bytestaan en dat ons God moet loof elke dag vir die krag wat Hy vir ons gee om te werk en natuurlik die gesondheid.  Verlede Sondag het hy weer gepraat oor party mense wat werklik 'n afgod oor hulle werk maak.  Die preek was netso mooi, maar dan moet ek se hy praat elke Sondag so mooi.  Ai, as mens weer so sit en luister dan voel mens so skuldig, want ek kan partykeer ook so bietjie versot raak op wereldse goed, maar dan net na so 'n preek voel mens sommer weer goed in die bek geruk.

Hier gaan dit maar nog baie sleg by sommige mense oor die gebeure wat die 11de September gebeur het.  Met die oorlog situasie en mense wat opgeroep word en natuurlik die anthrax probleme wat hier is is dit nie maklik nie.  Ek moet se in die begin was ek bietjie skrikkerig, maar weereens het God my so kalm gemaak, want net Hy kan ons veilig hou en as dit ons tyd is dan moet dit so wees.  Nog 'n opmerking wat ons gehoor het is een wat deur Billy Graham se dogter gemaak is, oor hoekom God dit laat gebeur het - haar antw. was, hoe kan ons dit op God blameer as Hy uit die skole uitgesluit word uit die werke uitgesluit word en die Kerke leegloop.  (Ons gaan hier op ons geheue so as dit nie alles is wat sy gese het nie, verskoon maar dit is wat ons kan onthou).   

So baie mense vra hier hoekom het God dit laat gebeur?  Ek voel net dat God dit nie laat gebeur het nie, want ons as mense kan vir ons self besluite maak en die duiwel en sy trawante het hier agter gesit.  God was by soveel ander mense daardie dag hulle wat nie betyds vir werk opgedaag het nie hulle wat vir een of ander rede laat was, ek glo net dat God daar ingegryp het en so sy wonderwerke gewys het.  Mense vra hoekom moet so baie mense so gruwelik doodgaan, maar wie is ons eintlik, Jesus het so swaar gekry en gely op daardie kruis, God sal nooit dat ons iets oorkom of iets in ons lewens bring wat ons nie kan hanteer nie.  Ek weet nie of ek reg is of nie, maar ek kan nie aan al hierdie dinge sit en dink nie, want dan sal ek gek word, ek wil net weet dat God elke dag by my is en dat Hy my en my man en ons familie bewaar en nie net ons familie en vriende nie, maar vir almal in hierdie ou wereld.  Dit laat my veilig en tevrede voel.  

2 September 2001
Elke Sondagoggend voor Kerk gaan ons mos vir Bybelklasse.  Dit is vanaf 9uur tot 9:45vm.  Ons geniet dit, maar vir my was dit altyd so min inligting wat die leier vir ons gegee het, maar nou het ons `n vrou en sy is puik.  Ons het juis vandag gepraat oor Stephanus.  Oor hoe groot sy geloof was en dat hy altyd opgekyk het na God en werklik die Heilige Gees sy lewe laat lei het.  As mens weer so na dit luister dan besef mens net sal ons wanneer dit van ons verwag word so vir God opstaan soos hy gedoen het.  Ek wonder somtyds  wat ek in so `n situasie sou gedoen het as dit ek was?  

Ons het ook die maand van Julie oor die boekie Jabez gepraat in die Kerk.  Ons het die boekie gekoop en dit natuurlik deurgelees.  Eers het ek gedink dit is verkeerd om vir God dinge te vra veral  soos in Jabez se Gebed.  Veral die stuk wat hy gevra het om sy grondgebied te vergroot.  Ds. het dit so mooi vir ons uitgele en verduidelik dat daar niks daarmee verkeerd is om dit te vra nie, maar wat doen mens dan met dit as jy dit kry?  Ds. het ook vir ons van `n ouer paar vertel wat afgetree het, maar die geld was ook nie baie nie.  Toe het hulle gebid vir die Here en gevra dat hulle gebied vergroot moes word en seker veral ook met geld.  Dit het gebeur, want toe erf hulle van `n familielid wat sterf.  Die mense het blykbaar `n paar miljoen doller geerf.  Hulle kinders was van hulle vervreemd, maar toe hulle hoor van die geld toe kom hulle gou hulle ouers opsoek.  Toe praat die kinders hulle om om die geld te gebruik om `n plek ooptemaak waar mens “costumes” kan huur.  Ds. hoor toe daarvan en is toe bly vir hulle part, maar toe gaan van die gemeente se mense na die plek en toe is dit nie net partytjie klere wat die mense kan huur nie maar allerlei viese dinge.  Die ouer paar het ook opgehou om Kerk toe te gaan en eendag loop ds. hulle toe raak en vra hoe dit gaan.  Die man se toe dat hy kwaad is vir die Kerk se gemeente, want niemand van hulle ondersteun hom by sy besigheid nie.  Ds. se toe dat hy bly is, want dan weet hy darem sy gemeente weet wat verkeerd is.  Dit was blykbaar nie `n jaar nie toe speel die mense bankrot en het niks van al daardie miljoene nie.  Die kinders vat toe natuurlik weer pad.  Dit is toe wat ds. bedoel dat as mens vra en jy kry dat mens dit op die regte manier moet spandeer en natuurlik kom God se werke dan eerste.  Ons het al so baie geleer in die tyd in die buiteland dat materialistiese dinge niks beteken vir mens se geluk nie, maar dat ons geluk maar net by Een Persoon le en natuurlik bymekaar.

Ek sien eintlik so baie na die Herfs uit, want dan gaan ek Bybelklasse bywoon.  Dit sal ook nou die eerste keer wees wat ek dit gaan doen en kan nie wag om meer van God se Woord saam met ander christene te leer nie.  








24 Junie 01
Vandag het ons weer in Bybelklas gepraat oor Pontius Pilates.  Dit was maar net weer duidelik hoe maklik mens genyg is om dinge te laat gebeur en jou hande daarin te was, eerder as om op te staan, die wind van voor te kry, maar te weet dat jy die regte ding gedoen het.  En dit is so maklik veral in 'n werksomgewing waar besluite somtyds gemaak en geneem word en hoe baie se ons niks oor 'n sekere besluit wat ons voor ons siel weet teen ons Christelike wese ingaan.  

Iets wat ons graag sou wou bespreek is 'n onderwerp wat ons weet dikwels in die Kerke oor gepraat word.  As gevolg van die behoefte om aan 'n gemeente te behoort hier in die buiteland, beteken dit dat mens dikwels met ander vrae, opinies en feite in kontak kom.  Die grootste op hierdie stadium vir ons is die kwessie van die doop die situasie is as volg:

Ons behoort nou hier aan 'n Baptiste gemeente wat ons verskriklik geniet net soos ons ook die Evangeliese gemeente in Nederland geniet het.  Die vraag kom gewoonlik "of ons al gedoop is" en as ons antwoord "ja, toe ons 'n baba was", dan ondervind ons nooit enige negatiewe opmerkings nie, maar gewoonlik volg die vraag of ons as volwassenes al 'n besluit gemaak het om gedoop te word.  Vir ons persoonlik, is dit glad nie 'n "issue" nie siende dat ons reeds in God glo en dat ons besef dat Jesus Christus ons verlosser is en dat hy vir ons sondes aan die Kruis gesterf het sodat ons die Ewige lewe kan beerwe.  Nog geen gemeente het ons gedruk om ons te laat doop nie, maar dit is asof dit heeltyd in mens se agterkop is en die rede hoekom ons daaroor dink is die feit dat Jesus ook self deur Johannes gedoop is en wie was dan nou meer Heilig as Jesus self?  So ons vraag is as Jesus dan die voorbeeld vir ons gestel het, al is ons gedoop as baba, kan daar mos nie iets verkeerd aan wees nie of hoe?  

Ons wil dit miskien sien asof dit is soos om jou huweliksbelofte te hernu/bevestig, maar in hierdie geval om ons huwelik met Christus te bevestig d.m.v. doop.  Steeds wil ons nie van die veronderstelling uitgaan of klein doop of groot doop 'n "issue" is nie, maar alleen dat ons seker is God sal nie 'n "issue" he of jy groot doop of klein doop nie, want doop alleen is nie wat vir ons redding sal bring nie.  

Graag deel ons ons siening met almal wat dit lees vir enige raad/kommentaar, want daar mag dalk iets wees wat ons mis..... e-mail ons gerus (ajmarais@aol.com)

Groete liefde
Johan en Annecke

2 Junie 01
Ons is nou besig met 'n boekie(The prayer of Jabez).  Ons dominee gaan die hele Junie oor die boekie praat en oor gebede - die krag van gebed.  
Die boekie is geskryf deur Bruce Wilkinson en behandel hy die gedeelte in 1 Kronieke 4:9-10 dit gaan basies oor die uitsondering van Jabes m.b.t. die gebed wat hy gebid het.  Ons het nog nie die boekie klaar gelees nie en sal dit seker hierdie week doen.   

Verder het ons vanoggend begin met ons  Sondagskoolklasse in die Kerk.  Hier woon groot mense ook Sondagskool by, 'n uur voor die Kerk begin, en in vanoggend se klas het hul gepraat oor Maria Magdalena en haar diensbaarheid tot die Here.  Die hoof boodskap  wat ons daar uitgekry het is dat almal nie altyd  sigbaar is in hul diensbaarheid nie, maar dat die Here dit wel raaksien en sal roep tot jou soos Hy vir Maria geroep het by die graf.  

Groete tot volgende week  (solank lewe) en seen vir julle almal.   


Stiltetyd - 27 Mei 01

Ons preek van laas Sondag was asemrowend.  Ds. Het begin om te vertel dat hy hierdie preek al maande voor die tyd beplan het, maar hy het nie geweet dat die wonderwerk gaan gebeur nie.  Ons het `n gemeentelid in die Kerk wat al byna `n jaar aan kanker ly.  Die man het die kanker in sy brein.  Ons ken hom glad nie, want toe ons `n paar maande by die Kerk aangesluit het  was hy al baie siek.  Verlede Sondag toe vertel  Ds. Dat dit  baie sleg gaan met die man en dat hulle nie veel hoop het vir hom nie.  Hy is toe alweer in die hospitaal en die gewas het toe grootter geword en hy het toe blykbaar infeksie in die brein.  Sy hele huisgesin is Christene asook sy broer-hul (hulle is almal van Mexico).  Ds. En sy vrou was toe weg in verlede week vir `n paar dae en toe laat sy familie weet dat hulle moet terugkom, want die dr. se daar is geen hoop meer nie.  Intussen het almal gebid vir hom dat hy gesond moet word.  Ds. Se toe hy nog kon praat,  het hy altyd gese dat die Here hom gesond gaan maak.  Ds. -hul kom toe terug en hulle sit toe die Woensdagaand en begin oor die begrafnis te praat ens.  Die volgende oggend het hulle hom vir `n “scan” gevat om te sien hoe groot die gewas is, maar DAAR WAS GEEN GEWAS MEER NIE!!!!  Die dr. kon dit nie glo nie en die Vrydagoggend weer 'n tweedekeer in  vir nog `n “scan” en daar is geen teken van die kankergewas nie.  Hy was al verlam en hy kon glad nie meer praat nie.  Hy kan al praat, maar kan nog nie sy regterkant gebruik nie.  Toe dominee dit vertel en hy se dat hy al maande die preek oor      GEDED voorberei het om te vertel hoe belangrik gebed is en hoe sterk dit kan wees begin ek sommer te huil en ek ken nie eens die man nie.  Net om te weet hoe GROOT GOD  se Hande werk is.  Sy hele familie was in die Kerk en sy broer kan nie Engels praat nie(hulle is Mexikane), maar hy was ook in die Kerk.  Hy is `n dominee in Mexico.  Na afloop van die diens het hy(die broer) gebid natuurlik in Spaans, maar dit was so asof mens weet wat hy bid en weet hoe hy vir God dankie se vir die Wonderwerk wat gebeur het.  

Ds. Vertel toe dat amper `n jaar gelede, net voordat,  die man siek geword het - bel hy eendag vir ds. En se toe dat hulle ontbyt moet gaan eet.  Terwyl hulle ontbyt eet vertel hy aan Charles(ons ds.) dat God vir hom gese het dat daar `n groot beproewing vir hom en sy familie voorle.  Dat hy nie moet moed opgee nie.  Charles se hy het nooit moed opgegee in die hospitaal nie, hy het net die hele tyd gese dat hy wel gesond gaan word.  Charles het later vir hulle gese(toe dit baie sleg gaan) soms laat God mense gesond raak en ander kere nie, want dit is tog maar Sy wil.  Hulle het net aangehou dat hy wel gesond gaan raak.  Ek kan julle nie vertel hoe aangrypend die preek en die storie was nie.  Mens kan nie vertel wat dan alles deur jou gedagtes gaan wanneer jy so iets hoor nie.  Wat `n wonderlike God het ons wat vir ons so sorg en vir ons so baie gee om voor dankbaar te wees.  Ons kan en mag nooit kwaad wees of vrae vra as dinge nie volgens ons planne verloop nie, want Hy  weet altyd beter.    Ek wil ook nie enige besluite in ons lewe maak sonder God nie, want ek as mens kan so maklik verkeerd besluit en dit wil ek nie meer in ons lewe doen nie.  Ek het so baie keer al gedink hoekom my Ma voor my Ouma moes gegaan het, maar ek hoef nie meer die antwoord te weet nie, want my Skepper het 'n plan gehad.  En daarby berus ek my en is ek tevrede.
Gods seen aan almal!!


13 Mei 01
Moedersdag - Vanoggend 'n heel eenvoudige boodskap ontvang.  Iets wat ons feitlik elke Sondag hoor as die 10 gebooie voorgelees word"Eer jou Vader en jou Moeder".  
Hoe eer ons , ons Moeders(en Vaders).  Is dit deur elke nou en dan 'n geskenk te koop of so nou en dan maar net te gaan kuier of hulle uit te nooi na ons ......  Die preek vanoggend was natuurlik al die bogenoemde ook, maar die eer wat 'n kind aan  'n ouer seker kan gee is om die karakter wat hulle as ouers in ons probeer bou het, uit te leef.  Dit is natuurlik met die vertroue dat elke ouer die beste vir hul kind wil doen en gee in terme van opvoeding en as ons dan nie altyd miskien uitdraai (nie in terme van beroep of finansieel nie) maar in terme van hoe ons ons lewe lei m.a.w. hoe aanvaar ons ons ouers, medemens, familie en selfs ons vyande.  
In terme van ons ouers beteken dit dat ons deur ons daaglikse lewe vir hulle eer deur te doen wat God se woord vir ons voorse.  Selfs al doen ons ouers nie altyd dinge waarmee ons saam stem of mee-eens is nie, staan in Exodus "Eer jou Vader en jou Moeder dat jou dae verleng mag word" ,as 'n gebod .  Dit is nie 'n versoek of 'n aanbeveling nie, maar dit is 'n opdrag/gebod.  Ons het nie gepraat oor die vrugte wat ons daarvoor sal pluk nie, maar ek glo werklik dat die dae wat verleng word nie net dui op die 365 dae per jaar nie, maar  die kwaliteit van elke dag wat mens met jouself kan saam leef as jy jou Vader en jou Moeder eer.  
Dit is so maklik vir ons om te vergeet die swaar tye wat ouers soms opgeoffer het vir ons as kinders, want ons leef nou in oorvloed in vergelyking met hoe ons ouers geleef het, maar dink ek nie dat dit beteken dat mens  nie moet vergeet die swaar tye en opofferings wat ek dink ons nie altyd eers van bewus was of is nie, sodat ons die vrugte kan pluk, vandag.
Dit het ons net weer laat dink wat ons in die verlede gedink en gedoen het om ons ouers te eer, maar veral wat besluit ons om te doen vorentoe?  Dit help nie ons sien miskien ons terkortkominge raak een maal per jaar, maar ons doen niks daaromtrent nie.  So weereens het ons onsself afgevra wat kan ons doen om ons ouers (oorlede of lewend) te eer in ons daaglikse lewe.  
Gods seen aan almal






6 Mei 01
Ons was vanoggend by die Kerk en die diens was heeltemal anders as wat ons aan gewoond is.  Ons ds. is met verlof tot die 12de Mei en toe het die ou wat altyd die sangdiens lei vir ons die diens gelei.  Die diens het gehandel oor die gebruik van 'n oksimoroon en voorbeelde wat gegee was was bv. die belastingdiens se kredo "we are here to help you" en vele ander.
As mens dan kyk na Jesus se lewe op aarde was dit ook 'n oksimoroon - Hy is die Here-Koning-Leier, maar 'n dienaar.  Die gesprek het dan verder gelei na hoe Jesus 'n Leier is maar 'n Dienaar was, soos toe Hy met tollenaars, prostitute en bedelaars in kontak was en gehelp het.  Ook hoe Hy Sy dissipels se voete gewas het, alhoewel hulle Sy volgelinge, dienaars was.  In Joh.13 het Jesus gese "Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen".  
Ons het gedink daaroor om 'n dienaar-leier te wees is glad nie maklik nie, want ons wil maar almal uit kies wat vir ons gemaklik is om leiding te neem en wanneer ons verkies om te dien.  Om 'n dienaar-leier te wees in ons godsdienstige lewe is glad nie maklik nie, maar ons het 'n voorbeeld om na te streef (Jesus).  Hoe hard probeer ons werklik om te dien?  Ons moes ook na mekaar draai en vir die mens langs ons se wie ons beste aardse dienaar-leier is.  Dit was vir my ook so aangrypend, want toe besef ek weer wie my voorbeeld was en hoeveel ek daardeur geleer het.  
Hierdie diens het my ook weereens laat besef dat ek hopeloos te min vir my medemens beteken en soms (seker soos almal) raak mens so verstrengel in jou eie klein wereldjie en vergeet van die ander wat mens nodig het.  Tot volgende week.
________________________________________
29 April 01
Hierdie week doen ons Matheus 18 en word daar oor vrede gepraat(ons is nog noe klaar daarmee nie), maar dit gaan basies oor die die vrede wat ook nie net vanself kom nie - ons moet werk daarvoor.  Eerstends deur te erken dat ons dit van Christus ontvang het - en dit te aanvaar.  Dan is daar die vrede (sodara ons dit self gevind het) wat ons dit met ons naastes moet uitdeel - hoe baie het ek probeer om in vrede met Annecke te leef en wat doen ek om steeds meer vrede tussen onsself te bewerkstellig(met die hulp van die Here, natuurlik.  Hoekom moet ek altyd wag dat iemand na my toe moet kom, of dat iemand hul eie dinge moet erken/uitwys voor ek gaan help/intree ? Wat keer my dat ek nie soos Jesus uit my eie hulp aanbied (nie afdwing nie) aan iemand wat vrede nodig het nie - maw deel ek die vrede met iemand wat dit nog nie heeltemal ervaar nie, of wil ek wag tot hul my kom vra daarvoor???
Ook dan vrede met vergifnis - hoeveel keer verwag ek dat mense my moet vergewe, maar ai - as iemand my iets aandoen, dan wil ek dit vergewe maar nie vergeet nie, of summier maar net 'n "gasket blaas" en die persoon afskryf?  
Wat daarvan as Christus sy vrede moes uitgedeel het soos ons vrede uitdeel...  Dank die Vader dat Hy nie soos ons is nie, maar soveel meer rede dat ons soos Hy moet probeer wees, of hoe??
___________________________________________
20 April 01
Ons is tans besig met Nehemia en hoe die Here hom gely het om te werk te gaan om Jerusalem weer te herbou.  In ons boekie wat ons saam met die gedeelte gelees het, het die skrywer verwys na die beplanning en uitvoering van Nehemia se taak/droom om Jerusalem te herbou.  Hierdie gedeelte is verskriklik van pas vir die huidige werksomstandighede wat redelik in puin is, maar wat binne die volgende paar weke moet herbou word.  Dit laat mens ook nadink oor hoe mens na jou take of drome kyk en wat ons doen daaromtrent, met die Here se hulp en leiding.  

Die paasnaweek was ook 'n heerlike ervaring wat begin het om Donderdagaand waar die gemeente bymekaar gekom het by die Kerk en 'n nagmaal gevier het om tafels.  Die tema was wat ons reaksie sou gewees het as Jesus vir ons daar gese het dat een van ons Hom sou verraai het.  Sondagoggend het ons om 6:30 die oggend 'n "sunrise service" by 'n dam gehad.  Dit was iets baie besonders en om die son te sien opkom terwyl die ds. gepreek het.  Mens voel dan so naby aan mens se Skepper.  Daarna het ons vir 'n ontbyt by die Kerk gegaan.  Alles was heerlik en die dag was geseend.  Die tweede diens was om 10uur en toe het 'n vrou opgetree en gesing.  Dit was ook verskriklik mooi.  Hierdie was ons eerste paasviering in Amerika, maar was werklik een van die betekenisvolste wat ons nog bygewoon het.

Enter content here

Enter content here

Enter content here

Enter content here

Enter supporting content here