Welkom by die Marais'

Maandelikese Nuus

Tuisblad
Omtrent ons
Maandelikse Nuus
Ons Laaste Vakansie
Kerk in Afrikaans(Hier in Cary, NC)
Bonnievale Skool Reunnie - November 2006
Argiewe
Ons Stiltetyd Hoekie

Maandelikse Nuus - Desember 2002
Nou ja - baie het intussen gebeur en hier is 'n kort opsomming van als net 'n paar fotos, maar eerste GESEENDE KERSFEES EN VOORSPOEDIGE NUWE JAAR!!....


...en JA!!! ek is amper 8 weke swanger!! (20 Desember) Ons besef dat dit nog baie vroeg is en dat beie dinge nog kan gebeur, maar hierbo is die hartkloppie en die grootte - 16 mm lank. ons dank die Here vir die voorreg en bid dat alles goed sal gaan met die swangerskap, as dit Sy wil is.

Mens kan nie glo dat dit amper alweer Kersfees is nie.  Dit voel soos nou die dag dat ons die boom opgemaak het en Kers dingetjies gedoen het en wraggies hier is dit alweer so!!!!

Wel ons is natuurlik al klaar in die Kers gees en natuurlik met die wonderlike nuus wat ons gekry het oor ons swangerskap is dit nog erger.  Ons is   die Hemelse Vader vir  so baie dinge dankbaar en nog hierdie wonderwerk ook.

Wel hieronder soos julle kan sien is 'n baie trotse Mamma.  Dit is Johan se neef(Derick) se vrou Anja en haar pragtige baba Dean.  Dean is seker nou al drie maande oud, sorry julle, maar ek kan nie so lekker onthou wanneer die kleinding in die wereld gekom het nie, is nou eers te lui om te gaan kyk,  maar ons is baie bly dat die geboorte goed afgeloop het en die kleinding is pragtig.
Ons is in Oktober na 'n troue uitgenooi.  Die troues hier is so anders aswat ons gewoond is in S.A.  Hulle begin al maande voor die tyd met partytjies en dit is net duur rokke en dinge wat gekoop word, want die aand voor die troue is dit 'n "fancy" ete net vir die familie - die bruid en bruidegom - en dan is dit ook swartpak en aandrokke ens.  'n Week voor die troue word daar al fotos van die bruid geneem en op die troudag self is daar 'n groot vergroting van haar in haar trourok en die hele gewaad aan of in die Kerk of by die resepsie.  Sommige mense verkies dat die bruidegom ook saam met die bruid afgeneem word voor die tyd, maar ander se nee, want hulle is bygelowig dat daar iets in die huwelik gaan gebeur as hy ook op die fotos voor die tyd verskyn.  Wel, ons bruid hieronder was bygelowig, want dit was 'n alleen foto van haar by die resepsie.  Dit was nou 'n regte"Southern" troue.  Mense het voor by  die deur van die Kerk vir ons ingewag en ons as vrou moes by hul inhak en hulle het jou deur geneem na jou sitplek in die Kerk.  Sy het ses strooimeisies en strooijonkers gehad.  Die musiek in die Kerk was ongelooflik mooi.  Viool, kitaar ens.  Dan natuurlik na die Kerkdiens is daar geen konfetti gooi of so iets nie dadelik direk na die resepsie.  Die bruid en bruidegom en ouers is dan ook saam vir die fotos neem en kom later by die resepsie aan, ook maar soos by ons, maar daar is geen toesprake en dinge nie.  Elke een word voorgestel aan die gaste, asook die strooimeisies, maar niks verder word daar gepraat nie.  Dan word dit net geparty.  



Ek, Kristen en haar Ma Ann.  Mens kan sommer sien dat dit Ma en dogter is.



Wel intussen het ek en Johan ons tiende huweliksherdenking gevier op die 14de Nov.  Ai, dit was wonderlik en is ons  so dankbaar dat ons vir hierdie jare vir mekaar gespaar is.  Ek het 'n verrassing vir Johan gereel en het ek  
vir ons 'n limosine gereel vir die aand.  Hy het geweet dat ons gaan uiteet, maar hyhet nie geweet dat ons met die limo gaan ry nie en het ook nie geweet waar ons gaan eet nie.  Wel die kar het ons om 6:30nm kom optel.  Hy het vroeer by die huis gekom van die werk af en het ons eers 'n koffietjie gedrink en toe se ek  dat ek dink dat ons nou moet ry, want anders is ons laat vir ons bespreking.  Die buite deur oopgemaak en hier staan die wit limo voor ons "drive-way" en die helfte van ons buurman s'n.  Die drywer het toe alreeds die rooi tapyt uitgegooi en staan vir ons en wag met 'n bos blomme in die hand.  Hierdie Johan was so skaam, maar het dit gate uit geniet toe ons eers in die limo is.  Dadelik het die ou vir ons sjampanje oopgemaak en dit ingeskink.  
Musiek geluister en die rit verskriklik geniet na die restaurant.  Die restaurant was netso 'n lekkerte en het ons ons byna dood geeet.  Na ons ete kry ons toe 'n klein ronde gebakte koek met kerse op vir die aand.
Kyk net hoe lekker groot is die ding aan die binnekant.  Mense ons was soos twee kinders met 'n nuwe speelding, ook maar niks gewoond nie!!!!

Johannes, lyk soos die baas van plaas!!!!!  Dit was 'n lieflike aand en iets wat ons nooit sal kan vergeet nie.


Ons het twee weke gelede 'n verskriklike ysstorm gehad.  Dit is ons albei se eerste ysstorm wat ons beleef het.   
Die Woensdagmiddag het dit begin sneeu en toe later die aand begin dit te reen en natuurlik was dit toe onder vriespunt.  Deur die nag het ek wakker geskrik en toe hoor ek hierdie verskriklike geweerskote en maak Johan wakker, maar hy verduidelik toe dat dit die bome is wat besig is om te val  van die verskriklike ys.  Die Donderdagoggend wakker geword en natuurlik was alles net toe geys en glad en wat 'n gemors.  Een van ons bome het in ons yard omgeval.  Gelukkig het dit nie op die dak beland nie.  Natuurlik geen krag nie en geen besigheid is daardie dag oop nie.  Johan lekker by die huis en durf ons die pad aan met die bakkie om 'n plek te gaan soek waar hy 'n kettingsaag kan koop.  Oral is net bome op die paaie en kragdrade wat omgeval het.  Dit was chaos.  

 dit

Kyk hoe hang die ysstukke aan die voels se bak.  Ek kon nie glo dat as mens aan die blare van die bome vat dan breek dit behoorlik af van die geweldige stukke ys.   


Ons het daardie hele Donderdag geen krag gehad nie en was dit vriesend in die huis.  Ons gas kaggel werk, maar die "blower" kan nie werk om die warmte te versprei nie so mens moet amper in die kaggel sit om warm te kry.  Wel gelukkig het ons 'n gasstofie - wat ons gebruik wanneer ons gaan kamp en 'n gaslamp.  Die stofie het handig van te pas gekom toe ons die aand vir ons wil pasta en maalvleis maak en natuurlik koffie ens.  Die lamp het ons in die kamer bo gebruik, want dit het darem bietjie warmte afgegee net voordat ons gaan slaap het.  Wel ons het die dag geniet en die aand kaart gespeel en die kersverligte huis en die koue baie lekker geniet.

Kyk hoe het ons arme klein boompie gebuig van die hoeveelheid ys op hom.  Daar is nog steeds mense sonder krag, ons krag het darem die Vrydag aangekom net voordat ons die Vrydagmiddag Miami toe gevlieg het.

Vrydagmiddag om 6uur vlieg ek en Johan toe Miami toe, of moet ek se vlieg ek toe alleen.  Ons kon nie op dieselfde vlug plek kry nie en vlieg hy toe met American Airlines en ek met U.S. airlines.  Wel my vlug het vertrek om 6:15nm en syne sou om 6:20nm vertrek het.  Wel toe ek op Charlotte sit en 'n broodjie eet bel die man my en vertel my dat hy nog steeds op Raleigh sit en dat hy vannag moet huistoe gaan, want sy vlug is gekanselleer en daar is nie 'n manier dat hy nog 'n vlug betyds gaan kry na Miami nie.  Wel ek vlieg toe vanaf Charlotte na Miami en boek in by die hotel waar hy vir ons bespreek het en slaap toe maar die nag alleen en my man slaap in ons huis alleen.... hoe simpel kan dit nou word!!

Die volgende oggend om 8uur kon hy eers 'n direkte vlug na Miami kry.  Die was natuurlik ook vertraag en in pleks van 10uur by my aankom by die hotel kom hy eers 12:30 by my aan.  Toe is ek al flou van die hongerte en het ek darem al gestort, maar niks skoon klere by my nie, want hy het ons albei se tasse by hom.  Wel toe vanaf Miami het ons deur gery na Key Largo en sommer daar rondgeloop en lekker die aand geeet.
Johan het vir ons 'n mustang gehuur en het ons dit so geniet met die oop kap en die weer was natuiurlik heerlik warm.  Natuurlik soos twee plaasjapies, niks gewoond nie, het ons tot 11uur in die nag met die kap af gery en by daardie tyd was dit al bietjie kouer, maar ons sit sommer die verwarmer aan sodat ons so lank moontlik met die afkap kan rondry.
Soos hierbo kan julle sien was ons by "Theatre of the sea" en het ons die mooiste visse en dinge gesien .  Dit is ongelooflik skoon binne en selfs die goedjies om te eet binne is so goedkoop, glad nie word mens ingeloop met die pryse nie.  Die vrou wys vir ons hier die groot waterskilpad en het ons biejtie meer van hulle vertel hoe hulle by hulle kom woon het ens.


Kyk hierdie pragtige pylstert.



Hou die kat dop - die het ook 'n paar keer met die vissies weggekom voordat die haaitjies hulle kon eet.


My gunsteling  - die dolfyn.  Wat 'n pragtige dier.  Hy het die vrou in die water rond gegooi en stoot haar uit die water.  Het vir ons gesing ens.


Toe die seeleeu.  Ook 'n pragtige dier, maar kan verskriklik raas.   

Hier staan ek op een van die 7myl brue oor die water.

Pragtige boot in die hawe van Key West dit is die Walt Disney boot.  Weet nie of julle kan sien nie, maar mens kan die kersboom op sy hoogste punt sien.  

Een van die straatjies in Key West.  Dit is 'n pragtige plek en hoop ek dat ons vir 'n volle naweek daarheen kan gaan.  Ons naweek was heerlik en wou natuurlik nie weer terugkom na die koue hier by ons nie.  In Key West het ons 'n Suid-Afrikaner ook ontmoet.  Hy bly al drie jaar daar en het ons sy e-pos adres gekry en sal maar sien of ons so bietjie gaan chat met die man.

Ons het die 28ste November "thanksgiving" ook gehad.  Dit is nou ons tweede thanksgiving hier en na "thanksgiving" is dit die Kersboom se opmaak en die huise versier vir Kersfees.  Ek en Johan het toe so gemaak en lekker aan die speel begin gaan.  Dit is ons voorportaal en die Kersboom wat julle sien is in die t.v. kamer.



Die huis aan die buitekant moet darem ook bietjie kleur kry.  Dit het 'n biejtie geblur, maar hoop dat julle darem kan sien.  Nou moet ek nog net geskenkies gaan koop en dit onder die boom sit.  Eers sal ek vir johannes sy verjaarsdaggeskenk moet gaan koop vir Donderdag en dan begin met die Kersgeskenkies.  Ons gee mos nie eintlik vir mekaar iets op Kersfees nie, maar darem ietsie kleins.
Ons mis julle almal so baie en wens weereen dat ons hierdie jaar by almal kon wees vir Kersfees, maar nou ja dit kan nie so uitwerk nie.  Maak nie saak waar ons is nie ons vier die Wonderlike Groot Dag saam met julle en is saam met julle daar in gees.  Weereens 'n wonderlike Kersdag en 'n Jesus vreugde dag vir elke een van julle.  

Baie liefde en groete


Annecke en Johan